Omsendbrief 19/2020

Omsendbrief 19/2020

Administratief
June 19, 2020


Geagte ouers
Heropening van H/S Pretoria-Noord

Ons kan terug rapporteer dat ons graad 12 leerders se week twee terug by die skool sonder voorval verloop het. Ons skoolbywoning vir die hierdie week was 94%.

Ons het ongelukkig nog geen antwoord ontvang op ons aansoek by die Hoof van die Onderwys Departement om ons ander grade vroeër in te fasseer by H/S Pretoria-Noord nie. Ons sal u in kennis stel sodra ons ‘n antwoord ontvang. Hou asseblief die omsendskrywes en SMS-boodskappe in hierdie verband fyn dop. Ons aanlyn-onderrig program vir graad 8 tot 11 gaan egter voluit voort en ons versoek dat ons ouers sal seker maak dat alle werk gedoen word om te verseker dat u kind op datum is sodra die skool weer begin.

Rapporte

Rapporte vir graad 12 sal die week van 29 Junie uitgereik word.

Inskrywing vir graad 8 2021

Ouers neem ook kennis in hierdie verband van die afkondiging dat die aanlyn-aansoek proses slegs 1 maand sal wees, dit is vanaf: 25 Junie 2020 tot 25 Julie 2020. Die proses gaan nog steeds aanlyn wees, dokumentasie moet binne 7 dae van aansoek ingedien word om plek te bevestig. Dokumentasie kan aanlyn ingedien word of by die skool self, by ons navraetoonbank vanaf 08H00 – 14H00. Om werkende ouers te akkommodeer sal ons navraetoonbank ook na-ure oop wees op Maandag, 29 Junie tot Woensdag, 1 Julie vanaf 17H00 – 19H00. Wat uiters belangrik is, is dat ouers so vinnig as moontlik aanlyn aansoek doen. Weet ook dat wanneer aansoeke oop gemaak het die afgelope paar jaar was H/S Pretoria-Noord reeds binne die eerste paar uur van dag 1 vol. Indien u ‘n kind het of iemand ken, versprei asseblief hierdie inligting en maak seker u is gereed om eerste in lyn te wees. Ouers ons skool en beheerliggaam het die afgelope paar jaar agteroor gebuig om plek te maak vir alle Afrikaanse ouers in ons omgewing, ten koste van oorvol klasse. Besef dat dit nie verderkan gebeur nie gegewe die huidige omstandighede. __Daar sal slegs plek wees vir 200 graad 8 leerders in 2021 by H/S Pretoria-Noord__. Ons wil ook verder versoek dat as ons nie u nommer 1 keuse is nie, dat u nie by ons sal aansoek doen nie, want dit weerhou ons om plek te verskaf aan ouers vir wie ons wel die nommer 1 keuse is.

Graad 12 afskeid 2020

Na aanleiding van talle navrae in hierdie verband die volgende. Ons graad 12 afskeid is gekalender en bespreek vir 18 September 2020. U sal egter verstaan dat ons op hierdie stadium glad nie kan voorspel wat teen daardie tyd gaan gebeur in die land nie en is ons nog steeds onderhewig aan regulasies soos deurgegee. Ons besef egter ook dat ons graad 12 leerders deur omstandighede van soveel geleenthede ontneem is hierdie jaar dat ons nie voortydig ook hierdie geleentheid wil kanselleer nie. Ons gaan der halwe ons bespreking behou en indien dit nie op daardie dag gehou kan word nie sover as moontlik uitstel in die hoop dat omstandighede wel so sal verander dat hierdie geleentheid ten minste vir hulle gehou kan word. Ons advies sal egter wees om gegewe hierdie onseker omstandighede nie baie geld hierop te spandeer nie, en dat die fokus eerder sal val op dit waaroor die geleentheid eintlik gaan eerder as die prag en praal uitstalling waarin dit ontaard het oor die afgelope paar jaar.

Program vir die week

Maandag, 22 Jun:

  • Graad 12 rotasie: B-groep: vanne M – Z.

Dinsdag, 23 Jun:

  • Graad 12 rotasie: A-groep: vanne: A – L.

Woensdag, 24 Jun:

  • Graad 12 rotasie: B-groep: vanne M – Z.
  • Beheerliggaamvergadering, 17H30, restaurant.

Donderdag, 25 Jun:

  • Graad 12 rotasie: A-groep: vanne: A – L.

Vrydag, 26 Jun:

  • Graad 12 rotasie: B-groep: vanne M – Z.

Saterdag, 27 Jun:

  • Graad 12 toetsdag: Engels. Leerders meld stiptelik om 07H30 aan by Berglaanhek vir inteken. Toets begin 08H00 tot 09H15.
  • Graad 12 toetsdag: IGO begin om 09H30 tot 11H30 in K 9.

Aflaai aanhangsel

Terug