Omsendbrief 16/2020

Omsendbrief 16/2020

Administratief
June 01, 2020


Geagte ouers

Ons vra om verskoning vir die Babelse verwarring wat Sondagaand geheers het as gevolg van die Minister van Onderwys se uitstel van haar terugvoering oor heropening van skole op nasionale televisie, asook die uitreiking van die mediaverklaring deur die Raad van Onderwys Ministers dat skole eers op 8 Junie 2020 vir graad 12 leerders sal heropen.

PNHS was gereed vir heropening op 1 Junie 2020 soos aan u deurgegee per omsendskrywe 15 / 2020 en tot en met Sondagaand 19H36 was dit ons direktief van die Departement van Onderwys. Die uitreiking van die mediaverklaring deur die Raad van Onderwys Ministers om 19H36 het egter daardie direktief verander, dit is verder bevestig deur die Minister van Basiese Onderwys om 11H00 op nasionale televisie op 1 Junie 2020 asook omsendskrywe 40 / 2020 van die Hoof van die Gauteng Onderwys Departement, Mnr. E Mosuwe, ontvang op 1 Junie 2020.

Na konsultasie met die Beheerliggaam, en hierdie nuwe direktiewe wil ons dan met u bevestig dat ons skool wel op Maandag, 8 Junie 2020 vir ons graad 12 leerders sal open. Alle verdere inligting gegee soos in omsendskrywe 15 / 2020 bly soos wat dit is en verander nie. Personeel van die skool is reeds sedert 25 Mei 2020 aan diens.

Aflaai aanhangsel

Terug