Omsendbrief 14/2020

Omsendbrief 14/2020

Administratief
May 01, 2020


Geagte ouers

Na aanleiding van die beweeg na vlak 4 inperking soos aangekondig deur die president en gisteraand se perskonferensie deur die Minister van Basiese Onderwys wil ons graag die volgende inligting met u bevestig:

  • H/S Pretoria-Noord sal vanaf 11 Mei 2020 heropen vir ons skoolbestuur, administratiewe personeel en terreinwerkers om die skool gereed te kry vir heropening.
  • Vanaf 18 Mei 2020 sal ons onderwyserspersoneel weer aanmeld vir diens en begin met die aangepaste kurrikulum beplanning.
  • Vanaf 1 Junie 2020 om 07H20 sal ons graad 12 leerders weer klasse hervat en vandaar sal die res van die grade ingefasseer word, hou asb. ons nuusbriewe dop vir meer inligting hieroor. Op die huidige vermoed ons, dit behoort op ‘n twee weeklikse basis te geskiet.
  • Graad 12 leerders moet asb op 1 Junie 2020 by die skool opdaag met gesigmaskers soos vereis deur nuwe vlak 4 inperkingsregulasies. Enige gesigmasker wat voldoen aan die gesondheidsregulasies is aanvaarbaar. Gesigmaskers is beskikbaar by ons verskaffers, daar is ook ‘n spesiale PNHS gesigmaker beskikbaar by Silver Cross. Neem ook kennis dat die Departement van Onderwys onderneem het om elke leerder met 2 gesigmaskers uit te reik. Leerders moet egter eers in die skool kan kom om dit te ontvang en sal daarvoor ‘n eie masker nodig hê. Meer inligting oor die ordelike binnekoms van die skool waartydens leerders se tempratuur daagliks gemonitor sal word sal aan u deurgegee word nader aan die tyd. Hou asb. ons nuusbriewe dop.
  • Ek het verder aan personeel gevra om nie vir die volgende week verdere aanlyn-huiswerk vir leeders uit te gee nie, maar eerder ‘n opsomming van wat tot nou gedoen moes gewees het, sodat leerders wat dalk iets gemis het die geleentheid kan kry om op te vang. Vanaf 11 Mei 2020 sal ons weer voluit voortgaan om aanlyn te werk, totdat leerders terug is by die skool. In belang van u kind maak asseblief seker dat hulle byhou met hierdie werk.

Geagte ouer sedert die skool gesluit het, het daar soveel in en om ons gebeur. Ons leefwêreld is op sy kop gekeer.

Neem asseblief kennis dat ons onderwyskorps brand om terug te keer na die klaskamer, MAAR nie ten koste van u kinders en onderwysers se veiligheid nie. Die Onderwysdepartement het onderneem om die nodige saniteringsmiddele, maskers, “screening”- instrumente ensovoorts, aan skole te voorsien. Die aankoopproses is tans nog aan die gang. Al die onderwysunies en beheerliggaaminstansies is dit eens dat kinders en onderwysers nie kan terugkeer voor skole nie behoorlik skoongemaak is en alles in plek is ten opsigte van sanitasie nie. Ons gaan hulle nie blootstel aan besmetting nie. Neem asseblief ook kennis dat geen leerder, ouer of onderwyser van PNHS tot op hede die COVID 19 virus onder lede gehad het nie en dat alle moontlike maatreels getref sal word om dit so te hou.

Die personeel van PNHS het en gaan ook verder gedurende die inperkingstyd voluit werk deur middel van verskeie mediums. Hierdie afstandsonderrig is beslis nie vir ons ideaal nie. Tog word dit deur onderwyser en kind hul eie gemaak, omdat almal steeds kwaliteit onderrig en leer wil sien gebeur. Ons is bevoorreg met kinders wat hul gewig voluit ingooi om nie agter te raak nie en onderwysers wat op innoverende wyse steeds die leermateriaal in die beste belang van die leerders wil ontsluit.

Ons is deeglik bewus daarvan dat nie alle leerders toegang tot internet het nie. Wees gerus - wanneer ons terug is by die skool, sal ons maatreëls in plek hê om te sorg dat niemand agtergelaat word nie. Die onderwysers en kinders verdien regtig lof vir hoe hulle die onverkwiklike situasie hanteer.

My hart is gevul met dankbaarheid vir elke ouer wat hande met ons vat om seker te maak dat ons ten spyte van die pandemie struikelblok, ons nie van koers laat dryf nie. PNHS is allereerste ‘n instelling van akademiese kwaliteit - ons gaan nie nou daarvan afwyk nie. Wees aseblief gerus. Wanneer ons by die finale eksamen kom, sal elke leerder gereed wees om tot sy volle potensiaal te presteer mits hy deurgaans sy deel doen, ook in hierdie tyd. Dankie vir ondersteuning op alle terreine, ook finansieël, ons waardeer dit. Ouers wat afgedank is of verminderde salaris ontvang, kan gerus ons Finansiële Hoof, Dr. Lourens Scholtz kontak.

Ten slotte vra ek dat u saam met ons geduldig bly. Planne is in plek, Gr 8 -11 gaan ‘n verkorte kurrikulum hê. Gr12 moet gereed wees in November om oor die volle kurrikulum eksamen te skryf. Daar is geen rede tot paniek nie, ons SAL sorg dat hulle 100% gereed is daarvoor. As Hoof het ek die grootste waardering vir julle.

Aflaai aanhangsel

Terug