Omsendbrief 12/2020

Omsendbrief 12/2020

Administratief
March 24, 2020


Geagte ouers
Korona Virus (Covid-19)
  • Geagte ouer soos u reeds kennis geneem het, het die president gisteraand gedurende ‘n nasionale nuusberig die noodtoestand in Suid-Afrika verskerp met ‘n totale sluiting van alle aktiwiteite in Suid-Afrika. Ek bevestig die volgende implikasies vir ons met u:
  1. Volgens die nuutste reëlings word die skool se sluiting nou verleng vanaf Dinsdag, 17 Maart 2020 om 14H00 tot middernag 16 April 2020 en sal die skool volgens die nuutste noodtoestand eers open op Vrydag 17 April 2020 om 07H20.
  2. Volgens die nuutste reëlings mag daar geen aktiwiteite verder by die skool wees nie wat beteken dat alle beperkte sportoefeninge en buitemuurse aktiwiteite ook opgehef word vanaf Donderdag, 26 Maart 2020 om middernag tot Donderdag, 16 April 2020 om middernag. So vir ons doeleindes geen sportoefeninge of buitemuurse aktiwiteite vanaf Vrydag, 27 Maart 2020 nie. Alle buitemuurse aktiwiteite sal eers weer voorlopig hervat word op Vrydag, 17 April 2020.
  3. Ook ons PS (administratiewe en terrein personeel) mag vanaf Donderdag, 26 Maart 2020 om middernag nie meer by die skool wees nie. So vir ons doeleindes sal ons PS werkers Donderdag, 26 Maart 2020 om 14H00 onttrek. Die skool sal der halwe vanaf 26 Maart 2020 om 14H00 totaal gesluit wees vir alle persone en sekuriteit sal slegs enkele sleutelpersone tot die terrein toelaat. Alle leerders wat moontlik nog boeke in hul sluitkassies het en dit nog nie kom haal het nie, moet voor Donderdag, 26 Maart 2020 om 14H00 dit verwyder, want daarna sal niemand toegang tot die terrein hê nie.
  • Geagte ouers ons herhinner u net weer aan werk wat deurgegee is aan leerders om te doen vir die vakansie. Help ons om asseblief toe te sien dat dit gedoen word. Ons wil werklik verhoed dat ons leerders nie te vêr agter is wanneer normaliteit weer terugkeer nie. Ek herhinner u ook weer aan Solidariteit se wolkskool wat gratis beskikbaar is vir leerders.
  • Ouers hierdie reëlings kan weer verander word, met verdere aankondigings deur die president. Hou asseblief die nuus dop en ons sal ook poog om deurentyd met u te kommunikeer om u op hoogte te hou van skoolsake.
  • Baie sterkte aan almal en ek bid dat God se beskermende hand oor ons skool, gemeenskap en land sal wees.

Aflaai aanhangsel

Terug