Omsendbrief 11/2020

Omsendbrief 11/2020

Administratief
March 17, 2020


Geagte ouers
Korona Virus (Covid-19)Opvangprogram: Korona Virus (Covid-19)
  • Geagte ouer soos u reeds kennis geneem het, het die president ‘n noodtoestand in Suid-Afrika afgekondig wat die kwartaalprogram dramaties verander het en skole genoodsaak het om te sluit vanaf Dinsdag, 17 Maart 2020 om 14H00 en te heropen op 14 April 2020 om 07H20.
  • Omdat ons werk met die toekoms van ons leerders kan ons ongelukkig nie hierdie tydperk sien as ‘n bonus “vakansietyd” nie, maar is ons benadering om dit te bestuur as deel van ‘n noodtoestand wat so bestuur moet word dat ons leerders nie kurrikulêr of buite-kurrikulêr benadeel word nie, dit gaan egter ook verg dat u ‘n rol sal moet speel om die skool te ondersteun in sy maatreëls.
  • Die eerste maatreël is ‘n nasionale maatreël, dat die skool kwartaal verander word deurdat die Junie vakansie verkort gaan word met ‘n week en die Tweede Kwartaal der halwe verleng gaan word met ‘n week. Die Tweede Kwartaal sal daarom nou verander vanaf 14 April 2020 tot 19 Junie 2020 met die Derde Kwartaal wat dan 2 weke later op 7 Julie 2020 begin. Hou dit asb in gedagte as u vakansiereelings tref.
  • Graad 8 – 12 personeel sal werksopdragte en take vooruit uitgee aan ons leerders sodat hulle solank in die vakansietyd daaraan kan werk. Kommunikasie sal per SMS met u gedoen word. Sien asb. toe dat u kind wel hierdie opdragte uitvoer.
  • Graad 12 se akademiese uur sessies naskool gaan vir die Tweede Kwartaal se siklus verpligtend wees en nuwe werk sal gedurende hierdie sessies ontsluit word sodat verlore tyd ingehaal kan word, maak asseblief seker dat u kind dit bywoon.
  • Daar sal gedurende die Junie-vakansie verpligte winterskool vir graad 12’s wees. Nuwe werk sal ook gedurende hierdie tyd ontsluit word. Dit behoort ons instaat te stel om die verlore onderrigtyd in te haal. Ons nodig egter dat u so sal beplan om te verseker dat u kind wel by hierdie sessies kan uitkom.
  • Van ons graad 12 personeel onder andere by Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Lewenswetenskap, Afrikaans en Engels sal deur tegnologie applikasies lesse beskikbaar stel vir ons leerders om per selfoon / rekenaar, lesse tuis te hê en werkopdragte deur te gee. Kyk asb. na kommunikasie in hierdie verband en maak seker dat u kind gebruik maak van hierdie geleentheid.
  • Op buite-kurrikulêre gebied het ons die tentatiewe boodskap gekry dat die PUK 16 reeks in sy totaliteit afgestel word vanweë die Universiteit van Potchefstroom wat ook moet sluit. Ons Pretoria liga’s sal egter knap na 14 April 2020 voluit voortgaan. Oefeninge sal in kleiner spanverband in die buitelug beperk voortgaan deur die vakansie, wees asb. net op die uitkyk vir kommunikasie vanaf afrigters. Kultuur aktiwteite soos revue en koor sal na die vakansie voortgaan as gevolg van die groep groottes. Mnr. en Mej. PNHS se datum sal na ‘n later datum skuif, hou asb. u kwartaalprogram in hierdie verband dop.

Aflaai aanhangsel

Terug