Omsendbrief 10/2020

Omsendbrief 10/2020

Administratief
March 16, 2020


Geagte ouers
Korona Virus (Covid-19)

Geagte ouer soos u reeds kennis geneem het, het die president ‘n noodtoestand in Suid-Afrika afgekondig gisteraand wat ons asvolg raak:

  • Die vroeëre sluiting van skole. Gegewe die Minister van Basiese Onderwys se persverklaring sal ons skool sluit op Dinsdag, 17 Maart 2020 om 14H00 en heropen op 14 April 2020 om 07H20. Geen leerders of onderwysers mag in hierdie tydperk by die skool wees nie. Neem in hierdie verband kennis dat die Tweede Kwartaal ‘n week langer sal wees en die Oktober reses 2 dae korter om te kompenseer vir verlore onderrigtyd.
  • Alle toere en kampe gedurende die vakansie word afgelas, Skrywes in hierdie verband is ook reeds vanaf ons onderskeie provinsiale liggame ontvang. Ons sal wel kleiner spanoefeninge in die buitelug toelaat, maar afrigters versoek om ook dit te beperk.
  • Ons verwys u weer na verlede week se omsendbrief insake die virus en die reelings vir die hantering daarvan. Ons versoek bly staan dat u nog steeds u kind fyn sal monitor tuis, selfs in die vakansie en indien hy /sy enige griepsimptome toon hom / haar onmiddellik sal neem vir mediese behandeling / toetsing. Indien ‘n ouer / leerder positief getoets word vir die virus, hoe gering ookal die simptome, moet u asseblief nog steeds die hoof by [email protected] in kennis stel daarvan.
Interne Brugbou-kompetisie, 6 Maart 2020, saal

Baie dankie aan al ons leerders wat ingeskryf het. Baie geluk aan die volgende wenners:

  • 3de plek aan Stefan Botha (gr.10), Lourens du Plessis (gr. 10) en Xander Bronkhorst (gr.10) hulle brug van 168,5 gram kon 75 kilogram dra, dit is 44,5 keer die brug se gewig.
  • 2de plek aan Jeandré van der Nest (gr. 12), Henko Meyer (gr.12) en Wian Mostert (gr.12) hulle brug weeg 146,5 gram en kon 101 kilogram dra, dit is 68,94 keer die brug se gewig.
  • 1ste plek aan Joelien Greyling (gr. 11), Charel van Rooyen (gr. 11) en Connie Kruger (gr. 11) hulle brug weeg 177,3 gram en selfs 129 kilogram kon dit nie breek nie, dit is 72,76 keer die brug se gewig.
Tennis

11 Maart:

PNHS dogters 1ste span v/s Crawford College, tuis. PNHS 1 verloor met 19 potte teenoor 48. Dit was ons dogters 1ste span se vyfde ligawedstryd waarvan hulle vier wen en 1 verloor. PNHS dogters 2de span v/s Silverton 1, tuis. PNHS 2 wen met 49 potte teenoor 18. Dit was ons 2de span se vierde ligawedstryd waarvan hulle twee wen en twee verloor.

13 Maart:

PNHS seuns 1ste span v/s Akasia, weg. PNHS 1 wen met 46 potte teenoor 23. Geluk aan Lourens du Plessis (10-1), Elkan van Wyk (11-0) en Owen Kuhn (8-3), wat hulle wedstryde wen. Dit was ons seuns 1ste span se eerste ligawedstryd.

Wintersport: PUK 16: Poelwedstryd 3: H/S Stofberg, 14 Maart 2020 (weg)

0/15 en 1ste spanne uitgestelde wedstryd

Skool PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof
Hokkie 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 0 3 0 5 1 0 4 0 4 0
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0   0   1   3   1  
Verloor 3   3   1   0   1  
Gelyk 0   0   1   0   1  

Spelers van die wedstryd: Cindy de Koker (0/14), Megan Delport (0/15), Cassidy Kinnear (0/16), Alishia Wilkinson (2de) en Jeanne Wernick (1ste)

Skool PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof
  0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Netbal 10 20 29 14 30 9 17 13 33 31
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0   3   3   3   3  
Verloor 2   0   0   0   0  
Gelyk 1   0   0   0   0  

Spelers van die wedstryd: Nika van der Westhuizen (0/14), Jucille Basson (0/15), Chanel Oosthuizen (0/16), Oratile Maodi (1ste).

Skool PN Oost PN Oost PN Oost      
  0/14B 0/14B 0/15B 0/15A 0/16B 0/16B      
Netbal 23 14              
Uitslae tot dusver                  
Gewen 3   1   0        
Verloor 0   0   0        
Gelyk 0   0   0        

Speler van die wedstryd: Mariska van Oordt

Skool PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof
  0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Rugby 7 17     14 19 27 12 41 19
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1   3   2   3   3  
Verloor 1   0   1   0   0  
Gelyk 1   0   0   0   0  
PUK 16: Skaak

PNHS 1 v/s Stofberg 1. PNHS 1 wen met 141⁄2 teenoor 51⁄2 wedstryde.

Proewe
Netbal: Gauteng Proewe

Baie geluk aan die volgende spelers wat deurdring na die Gauteng rondte proewe:

0/15: Marang Mothupi. 0/16: Chrissie de Beer.

Hokkie: Gauteng-Noord Proewe, 2de rondte

0/14: Nikita Horn. 0/15: Lené Nel.

Aktiwiteite buite skoolverband

Baie geluk aan Zandré Blignaut (graad 10) wat sy vlieglisensie voltooi het. Zandré het al sy eksamenvakke met onderskeidings voltooi en sy solo vlug op 7 Maart 2020 suksesvol afgelê.

PNHS Wiskunde

Graad 12 leerders kan voortaan hulle Wiskunde lesse op Youtube vind deur die kanaal PNHS Wiskunde te soek of deur die kode in die Wiskunde klas te skandeer. Baie dankie aan juffrou Erasmus en Marco Botha wat onverpoosd gewerk het om vir ons hierdie applikasie te skep en ons hoop om eersdaags van ons ander vakke ook op hierdie wyse beskikbaar te stel.

Karnaval

Soos wat u weet, is die Karnaval om die draai en dis jaarliks ‘n hoogtepunt op ons sosiale kalender. Ons wil weereens ‘n beroep op u as ouers doen om ons te help om ons fondsinsamelingsprojekte suksesvol te dryf, want sonder u hulp is só iets net nie moontlik nie. Dis ook aan u bekend dat ons jaarliks kontantpryse aan ons leerders gee wat flink aan die kaartjie-verkope meedoen. Graag gee ons die volgende inligting rakende dié kontantpryse aan u deur:

Kompetisieboekies:

Kaartjies kos R 10-00. Deelnemers aan dié kompetisie kan die volgende pryse wen: 1ste prys R4 000; 2de prys R2 500; 3de prys R2 000; 4de prys R1 000 en 5de prys R500. Leerders wat die meeste boekies (10 of meer) verkoop in elke graad vir hierdie kompetisie sal ‘n R 500-00 prys ontvang: Voorts sal die leerder (ongeag watter graad), wat die meeste boekies verkoop ‘n verassingsprys kan wen, maar dié leerder moet 15 of meer boekies verkoop het.

Karnavalkaartjies:

Volwassenes = R120-00p.p. en kinders 0 – 3 jaar = Gratis Hier sal die leerders wat die meeste, tweede meeste en derde meeste kaartjies verkoop het, onderskeidelik beloon word met R1 000, R750 en R500 kontantprys Die laaste dag waarop al bogenoemde gelde inbetaal moet word, is Vrydag, 8 Mei 2020, om 09:00. Géén laat inbetaling sal in aanmerking kom vir die pryse nie!

Aanvullende graad 12 eksamen 2020

Graad 12 leerders van 2019 wat die aanvullende eksamen in Mei/Junie 2020 wil skryf moet kennis neem dat die eksamen rooster beskikbaar is by ons navrae toonbank en dat die eksamen gaan plaasvind by H/S Langenhoven.

Aflaai aanhangsel

Terug