Omsendbrief 39/2019

Omsendbrief 39/2019

Administratief
November 18, 2019


Geagte ouers
Lief en Leed
  • Ons groet hierdie week vir Mnr. J Booysen, ons Departementshoof vir Ekonomiese Wetenskappe, hy is bevorder na Adjunkhoof by L/S Wolmaranstad en sal op 20 November 2019 sy pos daar opneem.
  • Mnr B Fourie sal nou waarneem as Departementshoof vir Ekonomiese Wetenskappe.
Merietetoekennings

Geagte ouers neem asseblief kennis dat leerders wat half- en erekleure tydens die merietefunksie ontvang het voortaan nie eers ‘n brief van die skool sal ontvang om hul half- en erekleure by die verskaffers te verkry nie, maar sommer direk hul half- en erekleure sertifikate by die verskaffers vertoon ten einde dit te ontvang. Die verskaffer sal dan net agterop die half- en erekleure sertifikaat ‘n stempel aanbring om te wys dat dit reeds uitgereik is. Dit word gedoen ten einde die proses van verkryging van half- en erekleure toekennings te bespoedig.

Vakante Terrein Assistent poste

Neem asseblief kennis dat daar twee terrein-assistent poste by die skool beskikbaar is vanaf 1 Januarie

  1. Een pos as administratiewe gebou skoonmaker asook verantwoordelik vir die kombuis en een pos as gymnasium en kleedkamer skoonmaker. Die salaris is ‘n alles insluitende pakket van R 54 825-00 per jaar. Indien u weet van betroubare persone kan ‘n CV ingehandig word by Mev. S de Wit by die skool of elektronies gestuur word aan [email protected]. Aansoeke sluit Woensdag 20 November 2019 om 14H00.
Fotogelde

Neem asseblief kennis dat die laaste dag vir die betaling van foto’s van die merietefunksie en matriekafskeid, Woensdag, 22 November 2019 is. Enige bestellings wat dan nog nie betaal is nie, sal ouers self, met die fotograaf moet reel.

Algemene Ouervergadering, 11 November 2019, saal

Geagte ouers dankie vir die ouers wat opgedaag het vir die algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2020 goedgekeur is asook die skool se toelatingsbeleid.

Skoolfonds vir 2020 is vasgestel op R 18 150-00 per jaar per leerder, wat in 11 paaiemente van R 1 650-00 betaal kan word vanaf Januarie tot November. Ouers wat hul skoolfonds vol opbetaal het voor of op 28 Februarie 2020 sal ‘n korting van R 500-00 ontvang.

Program vir die week

Maandag, 18 Nov:

  • Graad 8 - 12 eksamen.
  • Tweede Algemene Ouervergadering, 11 November 2019, 18H00, saal.

Dinsdag, 19 Nov:

  • Graad 8 - 12 eksamen.

Woensdag, 20 Nov:

  • Graad 10 - 12 eksamen.

Donderdag, 21 Nov:

  • Graad 11 - 12 eksamen.

Vrydag, 22 Nov:

  • Graad 12 eksamen.

Aflaai aanhangsel

Terug