Omsendbrief 39/2019

Omsendbrief 39/2019

Administratief
November 11, 2019


Geagte ouers
Sport buite skoolverband: Dans

Baie geluk aan Lumé Scheepers (graad 9) en Amelia Scheepers (graad 8) wat gekwalifiseer het om Suid- Afrika volgende jaar vanaf 1 – 10 April 2020 in Portugal te verteenwoordig.

Merietetoekennings

Geagte ouers neem asseblief kennis dat leerders wat half- en erekleure tydens die merietefunksie ontvang het voortaan nie eers ‘n brief van die skool sal ontvang om hul half- en erekleure by die verskaffers te verkry nie, maar sommer direk hul half- en erekleure sertifikate by die verskaffers vertoon ten einde dit te ontvang. Die verskaffer sal dan net agterop die half- en erekleure sertifikaat ‘n stempel aanbring om te wys dat dit reeds uitgereik is. Dit word gedoen ten einde die proses van verkryging van half- en erekleure toekennings te bespoedig.

Vakante Terrein Assistent poste

Neem asseblief kennis dat daar twee terrein-assistent poste by die skool beskikbaar is vanaf 1 Januarie

  1. Een pos as administratiewe gebou skoonmaker asook verantwoordelik vir die kombuis en een pos as gymnasium en kleedkamer skoonmaker. Die salaris is ‘n alles insluitende pakket van R 54 825-00 per jaar. Indien u weet van betroubare persone kan ‘n CV ingehandig word by Mev. S de Wit by die skool of elektronies gestuur word aan [email protected]. Aansoeke sluit Woensdag 20 November 2019 om 14H00.
Gedrag

Geluk aan:

  • Johan Jacobs (8E) wat ‘n waardebalkie vir respek ontvang.
  • Christiaan de Beer (8C) wat ‘n waardebalkie vir verantwoordelikheid ontvang.
  • Carindie Venter (9A) wat ‘n waardebalkie vir lojaliteit ontvang.
  • Malory Cronjé (9D) wat ‘n waardebalkie vir lojaliteit ontvang.
  • Shannon Alberts (11A) wat ‘n waardebalkie vir lojaliteit ontvang.
  • Shelize van Deventer (11D) wat waardebalkies vir lojaliteit en integriteit ontvang.
Algemene Ouervergadering

Geagte ouers dankie vir die ouers wat opgedaag het vir die algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2020 voorgelê, bespreek en goedgekeur sou word asook ons nuwe toelatingsbeleid bekragtig sou word, op Dinsdag, 22 Oktober 2019 om 18H00 in die skoolsaal. Ons kon egter nie daarin slaag om ‘n kworum te kry vir die vergadering om voort te gaan nie. Die belangrike vergadering sal nou plaasvind op Maandag, 11 November 2019 en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Ons nooi al ons ouers uit om hierdie baie belangrike vergadering by te woon en u insette te kom lewer. Die voorlopige begroting asook ons nuwe toelatingsbeleid is beskikbaar by ons finansiële kantoor vanaf Maandag, 7 Oktober 2019 vir insae.

Sentrumfondse

Ouers word herhinner aan sentrumfondse vir RTT, IT en IGO wat betaalbaar is voor 15 November 2019. Die R 200-00 sentrumfooi kan by die Finansiële kantoor of elektronies betaal word met die leerder se naam en vak as verwysing.

Program vir die week

Maandag, 11 Nov:

  • Graad 8 - 12 eksamen.
  • Tweede Algemene Ouervergadering, 11 November 2019, 18H00, saal.

Dinsdag, 12 Nov:

  • Graad 8 - 12 eksamen.

Woensdag, 13 Nov:

  • Graad 8 - 12 eksamen.

Donderdag, 14 Nov:

  • Graad 8 - 12 eksamen.

Vrydag, 15 Nov:

  • Graad 8 - 12 eksamen.

Aflaai aanhangsel

Terug