Omsendbrief 38/2019

Omsendbrief 38/2019

Administratief
November 04, 2019


Geagte ouers
Kultuur: Revue

Baie geluk aan die volgende leerders wat toekennings ontvang vir vier jaar se ononderbroke toewyding aan ons revuegroep: Zantoné Bloem, Alyssa Botha, TJ du Plooy, Niné Roets, Natasha Smith, Zané Theron en Zelri Vorster.

Krieket

Finale liga-uitslae is ontvang. Baie geluk aan ons manne wat ‘n uitstekende seisoen beleef het:

  • 0/14 onoorwonne ligawenners.
  • 0/15 naaswenners van hul liga op 1 punt na H/S Sutherland.
  • 2de naaswenners van hul liga.
  • 1ste gelyk 3de met Sutherland, word 4de geplaas agv. verloor teen Sutherland.

Baie dankie vir ons hoofafrigter, Mnr. Sheldon Lindeque, al ons afrigters, ons ouers en spelers vir hulle volgehoue ondersteuning en lojaliteit.

Gedrag

Geluk aan:

  • Mieke de Villiers (8D) wat ‘n waardebalkie vir verantwoordelikheid ontvang.
  • Istelle Brand (8D) wat ‘n waardebalkie vir verantwoordelikheid ontvang.
  • Kelly Mlambo (8D) wat ‘n waardebalkie vir verantwoordelikheid ontvang.
  • Aldo Batt (8C) wat ‘n waardebalkie vir verantwoordelikheid ontvang.
  • Monique Fourie (8A) wat ‘n waardebalkie vir lojaliteit ontvang.
Algemene Ouervergadering

Geagte ouers dankie vir die ouers wat opgedaag het vir die algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2020 voorgelê, bespreek en goedgekeur sou word asook ons nuwe toelatingsbeleid bekragtig sou word, op Dinsdag, 22 Oktober 2019 om 18H00 in die skoolsaal. Ons kon egter nie daarin slaag om ‘n kworum te kry vir die vergadering om voort te gaan nie. Die belangrike vergadering sal nou plaasvind op Maandag, 11 November 2019 en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Ons nooi al ons ouers uit om hierdie baie belangrike vergadering by te woon en u insette te kom lewer. Die voorlopige begroting asook ons nuwe toelatingsbeleid is beskikbaar by ons finansiële kantoor vanaf Maandag, 7 Oktober 2019 vir insae.

Belydenis van Geloof

Baie geluk aan al ons leerders wat oor die afgelope paar Sondae Belydenis van Geloof afgelê het oor verskillende gemeentes in ons gemeenskap.

Sentrumfondse

Ouers word herhinner aan sentrumfondse vir RTT, IT en IGO wat betaalbaar is voor 15 November 2019. Die R 200-00 sentrumfooi kan by die Finansiële kantoor of elektronies betaal word met die leerder se naam en vak as verwysing.

Program vir die week

Maandag, 4 Nov:

  • Graad 8 - 12 eksamen.

Dinsdag, 5 Nov:

  • Graad 8 - 12 eksamen.

Woensdag, 6 Nov:

  • Graad 8 - 12 eksamen.

Donderdag, 7 Nov:

  • Graad 8 - 12 eksamen.

Vrydag, 8 Nov:

  • Graad 8 - 12 eksamen.
  • Krieket: Pa en Seun Dubbelpaaltjie toernooi, 14H30 – 17H30, A – krieketveld.
  • Krieket: PNHS 1 v/s “PNHS Old Boys”, 18H00, B- Krieketveld.

Aflaai aanhangsel

Terug