Omsendbrief 37/2019

Omsendbrief 37/2019

Administratief
October 28, 2019


Geagte ouers
Kultuur: Revue “Dans in jou Taal”-kompetisie, 25 Oktober

Ons Revue groep is weereens skitterend en ontvang baie mooi repliek. Dit was ons laaste optrede vir 2019. Dankie aan ons leerders en afrigters vir ‘n uitstekende seisoen waarin die skool op ‘n besondere wyse bemark is, ook ons ouers vir hulle volgehoue ondersreuning.

Algemene Ouervergadering

Geagte ouers dankie vir die ouers wat opgedaag het vir die algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2020 voorgelê, bespreek en goedgekeur sou word asook ons nuwe toelatingsbeleid bekragtig sou word, op Dinsdag, 22 Oktober 2019 om 18H00 in die skoolsaal. Ons kon egter nie daarin slaag om ‘n kworum te kry vir die vergadering om voort te gaan nie. Die belangrike vergadering sal nou plaasvind op Maandag, 11 November 2019 en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Ons nooi al ons ouers uit om hierdie baie belangrike vergadering by te woon en u insette te kom lewer. Die voorlopige begroting asook ons nuwe toelatingsbeleid is beskikbaar by ons finansiële kantoor vanaf Maandag, 7 Oktober 2019 vir insae.

PNHS Jaarlikse Gholfdag: 15 Oktober 2019

Baie dankie vir al ons ouers, leerders, oud-leerders en besighede wat saamgewerk het om weereens ‘n reuse sukses van ons jaarlikse gholfdag te maak. Ons rekonsiliasie wys ‘n wins van R 59 074-00 vir die dag.

Sentrumfondse

Ouers word herhinner aan sentrumfondse vir RTT, IT en IGO wat betaalbaar is voor 15 November 2019. Die R 200-00 sentrumfooi kan by die Finansiële kantoor of elektronies betaal word met die leerder se naam en vak as verwysing.

Program vir die week

Maandag, 28 Okt:

  • Graad 10 - 12 eksamen.
  • Rugby Akademievergadering, 18H00, personeelkamer.
  • Krieket Akademie vergadering, 19H00, Kamer 2

Dinsdag, 29 Okt:

  • Graad 10 - 12 eksamen.
  • Akademie vir Leerder Prestasie vergadering, 18H00, personeelkamer.

Woensdag, 30 Okt:

  • Graad 10 - 12 eksamen.
  • Akademie vir Leerder Prestasie, 18H00, Konferensiekamer.

Donderdag, 31 Okt:

  • Graad 10 - 12 eksamen.

Vrydag, 1 Nov:

  • Graad 10 - 12 eksamen.

Aflaai aanhangsel

Terug