Omsendbrief 36/2019

Omsendbrief 36/2019

Administratief
October 21, 2019


Geagte ouers
Krieket

12 Okt:

PNHS 1 v/s H/S Hartebeespoort 1, tuis. PNHS 1 kolf eerste en behaal 474/10 in 50 beurte. Goeie kolfwerk van Henk Fick met 120 lopies van 55 balle (ontvang ‘n goue balkie), Juandré Venter met 116 lopies van 62 balle (ontvang ‘n goue balkie), Jared Davis met 60 van 46 balle (ontvang ‘n silwer balkie), Ruan Ball met 64 lopies van 47 balle (ontvang ‘n silwer balkie) en Ludwig Erasmus met 45 lopies van 57 balle (ontvang ‘n brons balkie). Hartebeespoort antwoord met 224 / 10 in die 32ste beurt. Goeie boulwerk van Tristan Cloete met 2 paaltjies vir 49 lopies in 5 beurte, Juandré Venter neem 2 paaltjies vir 34 lopies in 7 beurte en Ruan Ball neem 2 paaltjies vir 16 lopies in 3 beurte. PNHS 1 wen met 250 lopies. Dit was ons 1ste span se sewende en laaste ligawedstryd waarvan ons vier wen en drie verloor. Ons Beste kolwer was Henk Fick, Beste Bouler en Beste Veldwerker gaan aan Juandré Venter.

Akademie: Top 10 Derde Kwartaal

Geluk aan die volgende top presteerders in hul onderskeie grade:

Graad 8

  1. Marco jv Rensburg 92,3
  2. Jemma Els 91,9
  3. Anouk jv Rensburg 91,1
  4. Nantes Niemand 91,0
  5. Carel Greyling 90,1
  6. Kayla Jacobs 89,7
  7. Eleni Trifyllis 89,4
  8. Jade Kuhn 89,0
  9. Taryn Hayes 88,2
  10. Katia La Grange 87,1

Graad 9

  1. Hesmari Scholtz 93,0
  2. Monika Vos 89,0
  3. Jorja van Niekerk 88,9
  4. Frederik Strydom 88,0
  5. Xander Bronkhorst 88,0
  6. Geneveve Cronje 86,7
  7. Anke Bosch 86,4
  8. Tasha vd Merwe 86,3
  9. Simone van Rooyen 85,8
  10. Anke Stoltz 85,7

Graad 10

  1. Lindie Horn 91,0
  2. Alexa Farrel 87,6
  3. Anri Louw 84,3
  4. Derik jv Rensburg 83,7
  5. Marizet Human 83,7
  6. Leandri Grobbelaar 83,1
  7. Duan Christie 82,9
  8. Christelle Samons 82,7
  9. Henrike Human 81,9
  10. Alisha Wilkens 79,9

Graad 11

  1. Marco Botha 92,4
  2. Lize Britz 91,9
  3. Narissa Maritz 91,1
  4. Dylan McMaster 90,7
  5. Renata de Beer 90,0
  6. Chené van Deventer 89,6
  7. Louné Scholtz 89,3
  8. Izelke Smal 89,0
  9. Jeandré vd Nest 88,1
  10. Shanty Ehlers 87,9

Graad 12

  1. Anneri Basson 86,0
  2. Dawid Wannenburg 85,6
  3. Mari Grobbelaar 85,3
  4. Wanica Erasmus 84,3
  5. Herco Heystek 84,3
  6. Kristin Smith 82,0
  7. Janis vd Rijst 81,3
  8. Megan Hughes 80,3
  9. Chanté Williamson 78,0
  10. Leanne Oberholzer 77,9
Gedrag

Geluk aan: Tiphany Field (11E) wat ‘n waardebalkie vir Respek ontvang.

Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons ‘n verskuiwing moes maak van datums as gevolg van ons merietefunksie wat geskuif het. Ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2020 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word asook ons nuwe toelatingsbeleid bekragtig sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 22 Oktober 2019 om 18H00 in die skoolsaal. Ons nooi al ons ouers uit om hierdie baie belangrike vergadering by te woon en u insette te kom lewer. Volgens nuwe regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 22 Oktober 2019 is nie sal die vergadering op Maandag, 11 November 2019 plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting asook ons nuwe toelatingsbeleid sal beskikbaar wees by ons finansiële kantoor vanaf Maandag, 7 Oktober 2019 vir insae.

PNHS Jaarlikse Gholfdag: 15 Oktober 2019

Baie dankie vir al ons ouers, leerders, oud-leerders en besighede wat saamgewerk het om weereens ‘n reuse sukses van ons jaarlikse gholfdag te maak. Ons sal na rekonsiliasie die wins vir die dag bekend maak.

Sentrumfondse

Ouers word herhinner aan sentrumfondse vir RTT, IT en IGO wat betaalbaar is voor 15 November 2019. Die R 200-00 sentrumfooi kan by die Finansiële kantoor of elektronies betaal word met die leerder se naam en vak as verwysing.

Program vir die week

Maandag, 21 Okt:

  • Graad 12 eksamen.
  • Beheerliggaam Finansiële Komitee vergadering, 17H15, restaurant.

Dinsdag, 22 Okt:

  • Graad 12 eksamen.
  • Algemene ouervergadering, 18H00, saal.

Woensdag, 23 Okt:

  • Graad 10 - 12 eksamen.
  • Akademie vir Leerder Prestasie, 18H00, Konferensiekamer.

Donderdag, 24 Okt:

  • Graad 10 - 12 eksamen.

Vrydag, 25 Okt:

  • Graad 10 - 12 eksamen.
  • Revue: “Dans in jou taal”, Kaleideo Gemeente Kemptonpark, Busse vertrek om 11H00 by PNHS.

Aflaai aanhangsel

Terug