Omsendbrief 35/2019

Omsendbrief 35/2019

Administratief
October 14, 2019


Geagte ouers
Krieket

7 Okt:

PNHS 2 v/s Akasia 2, tuis. PNHS 2 kolf eerste en behaal 259 / 5 in 20 beurte. Goeie kolfwerk van Kevin Smith met 144 lopies van 50 balle (ontvang ‘n goue balkie). Akasia 2 volg op met 83 / 10. Goeie boulwerk van Buju Lock met 2 paaltjies vir 26 lopies en Kevin Smith met 3 paaltjies vir 25 lopies (ontvang ‘n brons balkie). PNHS 2 wen met 176 lopies. Dit was ons 2de span se vyfde en laaste ligawedstryd waarvan hulle vier wen en een verloor. Kevin Smith wen die trofee vir Beste Bouler, en Beste Kolwer en Dawie Swart wen die trofee vir Beste Veldwerker.

8 Okt:

PNHS 0/14 A v/s H/S Tuine 0/14 A, weg. Tuine onttrek en stuur punte. Ons 0/14 manne eindig daarmee onoorwonne in hul liga en wen agt uit agt ligawedstryde!

10 Okt:

PNHS 0/15 A v/s H/S Wagpos 0/15 A, weg. Wagpos onttrek en stuur punte. Dit was ons 0/15 A span se sewende en laaste ligawedstryd, waarvan hulle ses wen en een verloor.

12 Okt:

PNHS 1 v/s H/S Wagpos 1, weg. H/S Wagpos 1 kolf eerste en behaal 208 / 10 in 39 beurte. Goeie boulwerk van Morne Jacobs met 3 paaltjies vir 48 lopies in 10 beurte (ontvang ‘n brons balkie), Henk Fick neem 3 paaltjies vir 28 lopies in 9 beurte (ontvang ‘n brons balkie) en Hansie J v Rensburg neem 3 paaltjies vir 45 lopies in 10 beurte (ontvang ‘n brons balkie). PNHS 1 volg op met 172 / 10 in 30 beurte. Goeie kolfwerk van Henk Fick met 36 lopies van 33 balle (ontvang ‘n brons balkie), PNHS 1 verloor met 44 lopies. Dit was ons 1ste span se sesde ligawedstryd waarvan ons drie wen en drie verloor. Geluk aan Henk Fick wat die trofee vir Beste Kolwer en Beste Bouler verower en Ruan Ball wat die trofee vir Beste Veldwerker verower.

Sagtebal: Tshwane Kampioenskappe: Finaal, 12 Oktober Crafford Park
Skool PN Hs PN Hs PN   PN  
Seuns 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag 10 11 3 12        
Uitslae tot dusver                
Gewen 6 - 8 - 4 - 5 -
Gelykop 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 2 - 2 - 5 - 5 -

Hs = Homespun

Geluk aan 0/14 en 0/15 wat Gauteng-Noord naaswenners is.

Sport Buite Skoolverband
  • Baie geluk aan Dylan McMaster wat tydens die Gauteng-Noord gholfunie se prysuitdelingsfunksie aangewys is as een van die beste B-divisie gholfspelers. Hy behaal drie 1ste plekke, twee 2de plekke en een 3de plek in 2019.
  • Baie geluk aan Ruben Botha wat skitterend presteer in gimnastiek. Hy behaal tydens die Gauteng- Noord Kampioenskappe 2 goue-, 4 silwer- en 1 brons medalje/s. Tydens die Gauteng Kampioenskappe behaal hy 1 goue-, 1 silwer- en 1 brons medalje. Tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe behaal hy 1 silwer- en 1 brons medalje.
Kultuur: Beeld Ekspo-Uitslae, 4 Oktober 2019, Mediapark

Geluk aan die volgende leerders wat ook pryswenners was met die Beeld Afrikaanse ekspo:

  • Christaan Taljaard (graad 8) vir Koppe 80%.
  • Ilke van Schalkwyk (graad 8) Kategoriewenner en behaal algeheel ‘n derde plek en brons medalje vir Koppe 96%. Vir haar tweede inskrywing vir Koppe behaal sy 82%.
  • Maruché Smith is ‘n kategoriewenner en behaal algeheel ‘n tweede plek en silwer medalje vir Idiome 98%. Vir haar tweede inskrywing vir Koppe behaal sy 82%.
Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons ‘n verskuiwing moes maak van datums as gevolg van ons merietefunksie wat geskuif het. Ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2020 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 22 Oktober 2019 om 18H00 in die skoolsaal. Ons nooi al ons ouers uit om hierdie baie belangrike vergadering by te woon en u insette te kom lewer. Volgens nuwe regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 22 Oktober 2019 is nie sal die vergadering op Maandag, 11 November 2019 plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees by ons finansiële kantoor vanaf Maandag, 7 Oktober 2019 vir insae.

PNHS Jaarlikse Gholfdag: 15 Oktober 2019

Neem asseblief kennis van ons skool se jaarlikse gholfdag wat gaan plaasvind op Dinsdag 15 Oktober 2019. Hierdie jaar word dit vir die eerste keer aangebied by die Four Seasons gholfklub op Brits, dit beloof om sommer ‘n lekker bosveld ervaring te wees! Dit sal weer ‘n besondere dag wees, wat u nie moet misloop nie. Ons reëlings vorder reeds fluks.

  • Die koste van ‘n vierbal beloop R 2400 – 00 en sluit in speelfooie, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkie, halfweghuis en prysuitdelingsfunksie.

Borgskappe vir besighede is ook beskikbaar en wel asvolg:

  • Putjieborg teen R 2500-00, vir uitstalspasie by ‘n putjie.
  • Putjieborg teen R4500 – 00, vir uitstalspasie by ‘n putjie, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes, prysuitdelingsfunksie.
  • Halfweghuisborg teen R 5500 -00, vir uistalspasie by die registrasiepunt en halfweghuis, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes en prysuitdelingsfunksie.
  • Prysuitdelingsfunksie borg teen R 6000 – 00, vir uitstalspasie by die prysuitdeling, spreekbeurt tydens die prysuitdelingsfunksie, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes, prysuitdelingsfunksie.

Daar is ongelukkig net beperkte plek beskikbaar verseker dat u, u plek so vining as moontlik bespreek om teleurstelling te voorkom. Indien u sou belangstel om te speel kan u gerus skakel met ons koördineerder, Mev A Smith, by 071 6094299 of e-pos by [email protected] of enige van ons Akademie voorsitters. Indien u ‘n besigheid besit en graag betrokke wil raak by die dag in die vorm van borgskappe of ‘n vierbal wil inskryf is u ook welkom om met haar of enige van ons Akademie voorsitters te skakel.

Program vir die week

Maandag, 14 Okt:

  • Graad 12 eksamen.
  • PNHS Tennis Kampioenskappe, 14H30, Pretoria-Noord Klub.
  • Noorderlig Afsluiting, 18H00, restaurant.

Dinsdag, 15 Okt:

  • Graad 12 eksamen.
  • PNHS Gholfdag, 11H00, Four Seasons-Brits.
  • PNHS Tennis Kampioenskappe, 14H30, Pretoria-Noord Klub.

Woensdag, 16 Okt:

  • Graad 12 eksamen.
  • PNHS Tennis Kampioenskappe, 14H30, Pretoria-Noord Klub.
  • PNHS Merietefunksie 2019, 18H30, saal.

Donderdag, 17 Okt:

  • Graad 12 eksamen.
  • PNHS Merietefunksie 2019: Oggendfunksie, 08H30, saal.
  • Afrikaans en Engels Vraestel 3: Graad 8 - 11, 08H30 – 14H00.
  • PNHS Merietefunksie 2019: Aandfunksie, 18H30, saal.
  • PNHS Tennis Kampioenskappe, 14H30, Pretoria-Noord Klub.

Vrydag, 18 Okt:

  • Noorderlig Saaidag, 08H00.
  • Atletiek: Centurion Vriendskaplike Byeenkoms, 14H30, H/S Centurion.
  • PNHS Tennis Kampioenskappe, 14H30, Pretoria-Noord Klub.

Saterdag, 19 Okt:

  • Krieket: PNHS 1 v/s H/S Hartebeespoort, 09H00, tuis.

Aflaai aanhangsel

Terug