PNHS Kraai weer koning in Afrikaans Ekspo’s!

PNHS Kraai weer koning in Afrikaans Ekspo’s!

Administratief
October 08, 2019


PNHS KRAAI WEER KONING IN AFRIKAANS EKSPO’S!

Hoërskool Pretoria Noord is vir die derde agtereenvolgende jaar die FAK - internasionale Afrikaans – Ekspo wenners. Dié Ekspo fokus op skoolleerders en studente se kreatiewe hantering van Afrikaans. Vanjaar se tema was # Groei

Altesaam 82 skole, 10 universiteite en 4 privaatskole het vanjaar deelgeneem. Volgens die FAK was daar 1 479 deelnemers. Ons skool wen jaarliks op grond van die aantal inskrywings. Die wengeld beloop R10 000. Ons sê dankie aan elke Afrikaanse vakonderwyser wat die leerders gemotiveer het om in te skryf. Ook ‘n groot dankie aan elke leerder wat ingeskryf het.

  • Cathleen Roets Gr.8 - Wenner: Dagboekinskrywing
  • Kayla Roets Gr.9 - Wenner: Dagboekinskrywing
  • Niné Roets Gr.11 - Wenner: Skilderkuns
  • Juanita Lindeque Gr.10 - Wenner: Resensies
  • Jansie Lindeque Gr.11 - Wenner: Resensies

BEELD EKSPO : KOERANTPLAKBOEKKOMPETISIE EN OPSTELKOMPETSIE

Dié ekspo het vanjaar uit twee kategoriee̎ bestaan, naamlik die kreatiewe skryfkompetisie asook die Beeldplakboekkompetisie.

PNHS maak weer skoonskip met vele toekennings:

Mari Grobbelaar gr.12 neem in albei afdelings deel en presteer ewe goed. Sy behaal ‘n agtste plek in die opstelkompetisie asook ‘n vierde plek as algehele wenner in die koerantplakboekkompetisie.

Maruchè Smith gr.9 skryf vir twee plakboekafdelings in en behaal ‘n 98% en 84% en behaal algeheel tweede plek in die plakboekkompetsie. Sy verwerf ook ‘n silwer medalje.

IIke van Schalkwyk skryf ook vir twee plakboekafdelings in, naamlik vir Koppe en behaal onderskeidelik 96% en 82%

Sy word ook aangewys as algeheel tweede en ontvang ‘n silwer medalje.

Die volgende leerders presteer soos volg:

  • Leandri Kleingeld gr.12 algeheel sesde
  • Marné Driescher gr.11 algeheel sewende
  • Renata de Beer gr.11 algeheel agtste
  • Alicia van Rooyen gr.12 algeheel negende
  • Eleni Trifyllis gr.8 algeheel tiende

Aflaai aanhangsel

Terug