Omsendbrief 33/2019

Omsendbrief 33/2019

Administratief
October 01, 2019


Geagte ouers

Baie welkom terug aan al ons ouers, leerders en personeel na die September reses. Dit is ons gebed dat u ‘n geseënde 4de kwartaal sal beleef.

Lief & Leed

Baie welkom aan Mnr. J Booyse wat by ons aansluit as ons nuwe Departementshoof Rekeningkunde.

Krieket

14 Sept:

PNHS 0/14 A v/s H/S Uitsig 0/14 A, weg. PNHS 0/14 A kolf eerste en behaal 266 /1 in hul toegelate 20 beurte. Uitstekende kolfwerk van Jadon Gordon met 107 nun van 62 balle (Ontvang ‘n goue balkie), Dean du Toit met 53 lopies van 33 balle (ontvang ‘n silwer balkie) en Driaan Theron met 38 lopies van 22 balle (ontvang ‘n brons balkie). Uitsig 0/14 A volg op met 61 / 10. Goeie boulwerk van Ulrich Gouws met 3 paaltjies vir 4 lopies in 3 beurte (ontvang ‘n brons balkie), Wian Rynners met 2 paaltjies vir 9 lopies en Dehan Smith met 2 paaltjies vir 34 lopies. PNHS wen met 205 lopies. Dit was ons 0/14 A span se sesde ligawedstryd, waarvan hulle ses wen. Jadon Gordon ontvang die trofee vir Beste Kolwer, Ulrich Gouws trofee vir Beste Bouler en Rudie Le Roux ontvang die trofee vir Beste Veldwerker.

Kultuur
Redenaars: Kansvatter redenaars, 14 September 2019, L/S Queenswood

Baie geluk aan die volgende leerders wat deelneem en hulself uitstekend van hul taak kwyt: Cathleen Roets, Lehetia van Zyl, Janeco Coetzee, Danica Grobler, Jandré Malan, Kayla Roets, Carindie Venter, Arushka Gomes, Cisca Botes en Kayla Sharpe.

Besondere prestasie deur:

  • Anneri Basson A++ in Afrikaans voorbereid en onvoorbereid, eindig 2de in beide kategorieë,
  • Lize Britz A+ in voorbereid Afrikaans en Engels asook in Afrikaans onvoorbereid, eindig derde in Afrikaans onvoorbereid.
  • Anri Louw A++ in Afrikaans voorbereid en dring deur na die finaal.
  • Maruché Smith A++ vir Afrikaans voorbereid end ring deur na die finaal, ontvang ook ‘n A+ vir Engels voorbereid.
  • Lerisha Coetzee ontvang ‘n A+ vir Afrikaans voorbereid en dring deur na die finale rondte.
Beeld ekspo

Geluk aan die volgende leerders wat na Beeld se prysuitdelingsfunksie uitgenooi is op Vrydag, 4 Oktober 2019 by Mediapark: Mari Grobbelaar, Liandri Kleingeld, Alicia van Rooyen, Marné Driescher, Renata de Beer, Maruché Smith, Eleni Trifyllis en Ilke van Schalkwyk.

Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons ‘n verskuiwing moes maak van datums as gevolg van ons merietefunksie wat geskuif het. Ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2020 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 22 Oktober 2019 om 18H00 in die skoolsaal. Ons nooi al ons ouers uit om hierdie baie belangrike vergadering by te woon en u insette te kom lewer. Volgens nuwe regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 22 Oktober 2019 is nie sal die vergadering op Maandag, 11 November 2019 plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees by ons finansiële kantoor vanaf Maandag, 7 Oktober 2019 vir insae.

PNHS Jaarlikse Gholfdag: 15 Oktober 2019

Neem asseblief kennis van ons skool se jaarlikse gholfdag wat gaan plaasvind op Dinsdag 15 Oktober 2019. Hierdie jaar word dit vir die eerste keer aangebied by die Four Seasons gholfklub op Brits, dit beloof om sommer ‘n lekker bosveld ervaring te wees! Dit sal weer ‘n besondere dag wees, wat u nie moet misloop nie. Ons reëlings vorder reeds fluks.

  • Die koste van ‘n vierbal beloop R 2400 – 00 en sluit in speelfooie, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkie, halfweghuis en prysuitdelingsfunksie.

Borgskappe vir besighede is ook beskikbaar en wel asvolg:

  • Putjieborg teen R 2500-00, vir uitstalspasie by ‘n putjie.
  • Putjieborg teen R4500 – 00, vir uitstalspasie by ‘n putjie, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes, prysuitdelingsfunksie.
  • Halfweghuisborg teen R 5500 -00, vir uistalspasie by die registrasiepunt en halfweghuis, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes en prysuitdelingsfunksie.
  • Prysuitdelingsfunksie borg teen R 6000 – 00, vir uitstalspasie by die prysuitdeling, spreekbeurt tydens die prysuitdelingsfunksie, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes, prysuitdelingsfunksie.

Daar is ongelukkig net beperkte plek beskikbaar verseker dat u, u plek so vining as moontlik bespreek om teleurstelling te voorkom. Indien u sou belangstel om te speel kan u gerus skakel met ons koördineerder, Mev A Smith, by 071 6094299 of e-pos by [email protected] of enige van ons Akademie voorsitters. Indien u ‘n besigheid besit en graag betrokke wil raak by die dag in die vorm van borgskappe of ‘n vierbal wil inskryf is u ook welkom om met haar of enige van ons Akademie voorsitters te skakel.

Program vir die week

Maandag, 30 Sept:

  • Skoolvakansiedag

Dinsdag, 1 Okt:

  • Krieket: 0/14 v/s H/S Rietondal, 14H30, tuis.
  • Beheerliggaam Begrotingsvergadering, 17H30, restaurant.

Woensdag, 2 Okt:

  • VLR-vergadering, 14H00, K 1.
  • Inskrywings Interne Tennis Kampioenskappe open.

Donderdag, 3 Okt:

  • Jaarblad fotodag: Alle PNHS aktiwiteite vir 2019.
  • Fotografieklub afsluiting, 14H00, K 74.
  • Krieket: PNHS 0/15 A v/s H/S Rietondale, 14H30, tuis.
  • Akademie vir Leierskap vergadering, 17H30, Personeelkamer.
  • Akademie Voorsittersvergadering, 18H00, personeelkamer.

Saterdag, 5 Okt:

  • Graad 12 RTT klas, 08H00 – 11H00, K 80.
  • Krieket: PNHS 1 v/s H/S Rietondale, 09H00, tuis.
  • Sagtebal: Semi- Finaal, 09H00, Crafford Park.

Aflaai aanhangsel

Terug