Omsendbrief 30/2019

Omsendbrief 30/2019

Administratief
September 02, 2019


Geagte ouers
Sagtebal: Liga 5: Dogters v/s Montana, weg, 24 & 26 Augustus 2019
Skool PN Mon PN Mon PN Mon PN Mon
Dogters 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag 2 9 6 3 10 0 6 0
Uitslae tot dusver                
Gewen 1 - 1 - 1 - 4 -
Verloor 4 - 3 - 3 - 1 -
Gelyk 0 - 1 - 0 - 0 -
Krieket:

27 Aug:

PNHS 0/14 A v/s Hartebeespoort 0/14 A, weg. Hartebeespoort 0/14 A kolf eerste en behaal 47 / 8 in 15 beurte. Baie goeie boulwerk van Leonard McGeer met 3 paaltjies vir 25 lopies in 4 beurte (ontvang brons balkie), Dehan Smit met 3 paaltjies vir 3 lopies in 3 beurte (ontvang ‘n brons balkie) en Rudi Le Roux met 2 paaltjies vir 12 lopies. PNHS 0/14 A volg op met 48 / 0 in 5.4 beurte. Goeie kolfwerk van Driaan Theron met 15 lopies van 15 balle en Jadon Gordon met 27 lopies van 21 balle. PNHS 0/14 A wen met 10 paaltjies. Dit was ons 0/14 A span se vierde ligawedstryd, waarvan hulle vier wen. Jadon Gordon ontvang die trofee vir Beste Kolwer, Dehan Smit trofee vir Beste Bouler en ook Beste Veldwerker.

29 Aug:

PNHS 0/15 A v/s Hartebeespoort 0/15 A, weg. Hartebeespoort 0/15 A kolf eerste en behaal 109 / 10. Goeie boulwerk van Ryan Cilliers met 3 paaltjies vir 32 lopies in 4 beurte (ontvang ‘n brons balkie), Ruan Ball met 2 paaltjies vir 17 lopies in 4 beurte, Melvin Swart met 1 paaltjie vir 14 lopies in 2 beurte en Carel Greyling met 2 paaltjies vir 11 lopies in 2 beurte. PNHS volg op met 110 / 4 na 16 beurte. Goeie kolfwerk van Ruan Ball met 22 lopies van 17 balle, Melvin Swart met 17 lopies van 12 balle en Ludwig Erasmus met 14 lopies van 10 balle. PNHS 0/15 A wen met 6 paaltjies. Dit was ons 0/15 A span se derde ligawedstryd, waarvan hulle twee wen en een verloor. Ryan Cilliers wen die trofee vir Beste Kolwer en Beste Bouler. Zain Vorster wen die trofee vir Beste Veldwerker.

Jukskei: Liga 3: 31 Augustus Jukskeipark:
Seuns 0/19A 0/19A 0/19A 0/19A 0/19A 0/19A 0/19A 0/19A
Skool PN HTST PN Hpt PN Zk    
Uitslag 10 5 13 2 9.5 5.5    
Uitslae tot dusver                
Gewen 4 - 5 - 6 - - -
Gelykop 0 - 0 - 0 - - -
Verloor 1 - 1 - 1 - - -

HTST = Hoër Tegniese skool Tuine / Hpt = H/S Hartebeespoort / ZK = H/S Zwartkops

Seuns 0/19B 0/19B 0/19B 0/19B 0/19B 0/19B
Skool PN HTST PN Hpt PN AHS
Uitslag 8 7 7 8 7.5 7.5
Uitslae tot dusver            
Gewen 5 - 5 - 5 -
Gelykop 0 - 0 - 1 -
Verloor 1 - 2 - 2 -

HTST = Hoër Tegniese skool Tuine / Hpt = H/S Hartebeespoort / AHS = Afrikaans Hoër Seuns

Dogters 0/19A 0/19A 0/19A 0/19A 0/19A 0/19A
Skool PN Zk        
Uitslag 4.5 10.5        
Uitslae tot dusver            
Gewen 3 - 0 - 0 -
Gelykop 0 - 0 - 0 -
Verloor 3 - 0 - 0 -

ZK = H/S Zwartkops

Dogters 0/19B 0/19B 0/19B 0/19B 0/19B 0/19B
Skool PN Gars PN Mon    
Uitslag 4.5 10.5 9.5 5.5    
Uitslae tot dusver            
Gewen 4 - 5 - 0 -
Gelykop 0 - 0 - 0 -
Verloor 2 - 2 - 0 -

Gars = Garsfontein / Mon = Montana

Seuns 0/16A 0/16A 0/16A 0/16A 0/16A 0/16A
Skool PN AHS PN Mon    
Uitslag 8 7 7 8    
Uitslae tot dusver            
Gewen 2 - 2 - - -
Gelykop 0 - 0 - - -
Verloor 1 - 2 - - -

AHS = Afrikaans Hoër Seuns / Mon = Montana

Geluk aan ons spanne met uitstekende prestasies:

  • Seuns 0/19 A eindig as ligawenners
  • Seuns 0/19 B eindig as liga naaswenners
  • Meisies 0 / 19 A eindig 4de in hul liga.
  • Meisies 0 / 19 B eindig as naaswenners in hul liga.
  • Seuns 0 / 16 A eindig 4de in hul liga.
  • Ons spanne eindig 4de in die Prestige Hoërskool Kompetisie en eindig 6de in die Groot Totaal Trofee.
Netbal: Fast Five: Montana, 27 Augustus 2019
  • PNHS 0/15 A v/s Overkruin 0/15 A wen 22 – 18. (Wedstryde 3⅟ ₂ /7).
  • PNHS 0/18 A v/s Montana 1, verloor 3 – 17. (Wedstryde 2 / 8)
Rugby 7’s: Montana, 31 Augustus 2019
  • PNHS 0/15 A v/s Montana 0/15 A, gelykop 12 – 12. (Wedstryde ⅟ ₂ / 5)
  • PNHS 0/15 A v/s Zwartkop 0/15A, verloor 0 – 43. (Wedstryde ⅟ ₂ / 6)
  • PNHS 0/15 A v/s AHS 0/15 A, verloor 7 – 34. (Wedstryde ⅟ ₂ / 7)
  • PNHS 0/17 A v/s Overkruin 0/17 A, verloor 12– 19. (Wedstryde 2 / 6)
  • PNHS 0/17 A v/s HTS John Vorster 0/17 A, wen 29 – 22. (Wedstryde 3 / 7)
  • PNHS 0/17 A v/s AHS 0/ 17 A verloor 0 – 56 (Wedstryde 3 / 8)
Landloop

Baie geluk aan die volgende atlete wat kwalifiseer om Gauteng-Noord by die Suid-Afrikaanse Landloop Kampioenskappe op 9 September by H/S Uitsig te verteenwoordig: Dylan McMaster, Abigaile Grobler en Natasha Sikisi. Megan Kilfoil word as reserwe aangewys.

Willie van Rooyen, Megan Kilfoil en Abigaile Grobler is ook aangewys om Gauteng-Noord te verteenwoordig by die 10km Suid-Afrikaanse Padwedloop Kampioenskappe op 28 September 2019 in Middelburg.

Sport buite skoolverband

Baie geluk aan Michani Viljoen wat Gauteng verteenwoordig op die Nasionale Skiet Kampioenskappe vanaf 8 – 10 Augustus op Polokwane. Sy eindig 1ste in Gauteng en 4de op die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.

Kultuur:
Revue: “8 Beats Kompetisie”, 30 & 31 Augustus 2019

Baie geluk aan ons Revue groep wat hulle seisoen op ‘n hoogtepunt afsluit met die uitsonderlike prestasie om deur te dring na die finale rondtes van hierdie kompetisie. Op Vrydag 30 Augustus 2019 slaag hulle om deur te dring na die finale rondte op Saterdag, 31 Augustus 2019. Hulle kry die toekenning as: “Favourite Newcomer” en behaal uiteindelik ‘n algehele vierde plek. Baie dankie vir al ons lede en afrigters se harde werk en ons ouers se volgehoue ondersteuning.

Leierskap

Baie geluk aan ons nuut verkose hoofleiers:

Onder-Hoofseuns: Marco Botha & Buju Locke Onder-Hoofdogters: Wilma de Beer & Tiffany Field Hoofseun: Rico Nel Hoofdogter: Lize Britz

Gedrag

Geluk aan:

Eduan Fourie (8A) wat ‘n waardebalkie vir lojaliteit ontvang. Marcel Hartman (8A) wat ‘n waardebalkie vir lojaliteit ontvang.

Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons ‘n verskuiwing moes maak van datums as gevolg van ons merietefunksie wat geskuif het. Ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2020 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 22 Oktober 2019 om 18H00 in die skoolsaal. Ons nooi al ons ouers uit om hierdie baie belangrike vergadering by te woon en u insette te kom lewer. Volgens nuwe regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 22 Oktober 2019 is nie sal die vergadering op Maandag, 11 November 2019 plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees by ons finansiële kantoor vanaf Maandag, 7 Oktober 2019 vir insae.

PNHS Jaarlikse Gholfdag: 15 Oktober 2019

Neem asseblief kennis van ons skool se jaarlikse gholfdag wat gaan plaasvind op Dinsdag 15 Oktober 2019. Hierdie jaar word dit vir die eerste keer aangebied by die Four Seasons gholfklub op Brits, dit beloof om sommer ‘n lekker bosveld ervaring te wees! Dit sal weer ‘n besondere dag wees, wat u nie moet misloop nie. Ons reëlings vorder reeds fluks.

  • Die koste van ‘n vierbal beloop R 2400 – 00 en sluit in speelfooie, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkie, halfweghuis en prysuitdelingsfunksie.

Borgskappe vir besighede is ook beskikbaar en wel asvolg:

  • Putjieborg teen R 2500-00, vir uitstalspasie by ‘n putjie.
  • Putjieborg teen R4500 – 00, vir uitstalspasie by ‘n putjie, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes, prysuitdelingsfunksie.
  • Halfweghuisborg teen R 5500 -00, vir uistalspasie by die registrasiepunt en halfweghuis, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes en prysuitdelingsfunksie.
  • Prysuitdelingsfunksie borg teen R 6000 – 00, vir uitstalspasie by die prysuitdeling, spreekbeurt tydens die prysuitdelingsfunksie, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes, prysuitdelingsfunksie.

Daar is ongelukkig net beperkte plek beskikbaar verseker dat u, u plek so vining as moontlik bespreek om teleurstelling te voorkom. Indien u sou belangstel om te speel kan u gerus skakel met ons koördineerder, Mev A Smith, by 071 6094299 of e-pos by [email protected] of enige van ons Akademie voorsitters. Indien u ‘n besigheid besit en graag betrokke wil raak by die dag in die vorm van borgskappe of ‘n vierbal wil inskryf is u ook welkom om met haar of enige van ons Akademie voorsitters te skakel.

Veiligheid en Sekerheid

Na aanleiding van ‘n diefstal voorval op ons terrein vra ons, dat ons ouers asseblief parkeerskyfies sal bekom vir voertuie wat op die skoolterrein kom. Die parkeerskyfies is teen R 10-00 per parkeerskyfie by ons sekuriteitswag beskikbaar. Voertuie wat nie so ‘n skyfie op het nie sal eers moet inteken by die hek. Ons vra om verskoning vir die ongerief, maar word gedwing om die reël streng toe te pas ter wille van die veiligheid van ons skool en leerders.

Program vir die week

Maandag, 2 Sept:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Krieket: PNHS 2 v/s Wagpos 2, 14H30, weg.

Dinsdag, 3 Sept:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Krieket: 0/14 v/s Gerrit Maritz, 14H30, weg.
  • Gasvryheidstudies: Graad 11 restaurantaand, 18H00, restaurant.

Woensdag, 4 Sept:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Akademiese uur graad 8 – 11, 14H15 – 15H15.
  • Atletiek: Oos Moot vriendskaplike byeenkoms, 14H30, Oos Moot.

Donderdag, 5 Sept:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Krieket: PNHS 0/15 v/s Uitsig, 14H30, tuis.
  • Revue: Wonderliggiefees, 17H00, NG Wonderpark.
  • Fotografieklub, 14H30, K 71.

Vrydag, 6 Sept:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Kansvatter Redenaars.
  • Sagtebal: Seuns & Dogters v/s Hartebeespoort, 14H30, weg

Saterdag, 7 Sept:

  • Krieket: PNHS 1 v/s Uitsig 1, 09H00, tuis.
  • Kansvatter Redenaars.
  • Landloop: Suid-Afrikaanse Kampioenskappe, 09H00, H/S Uitsig.

Aflaai aanhangsel

Terug