Omsendbrief 29/2019

Omsendbrief 29/2019

Administratief
August 26, 2019


Geagte ouers
Gholf

19 Aug:

PNHS 3 v/s Waterkloof 6 en Zwartkop 5, Woodhill gholfbaan. PNHS 3 verloor beide wedstryde. Ons 3de span het nou drie ligawedstryde gespeel waarvan hulle twee verloor en een wen.

Sagtebal:
Liga 6: Seuns v/s Eduplex, 20 Augustus 2019
Skool PN   PN   PN   PN Edu
Seuns 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag       0     11 2
Uitslae tot dusver                
Gewen 3 - 4 - 4 - 4 -
Verloor 0 - 0 - 1 - 2 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Liga 7: Seuns v/s PNHS, 23 Augustus 2019
Skool PN   PN PN PN   PN Edu
Seuns 0/14A 0/14A 0/15A 0/15B 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag     12 5     11 2
Uitslae tot dusver                
Gewen 3 - 5 - 4 - 4 -
Verloor 0 - 0 - 1 - 2 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Skool PN   PN PN PN   PN Edu
Seuns 0/14B 0/14B 0/15B 0/15A 0/16B 0/16B 2de 2de
Uitslag     5 12        
Uitslae tot dusver                
Gewen 0 - 3 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 2 - 0 - 0 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Liga 5: Dogters v/s Montana, weg, 24 Augustus 2019
Skool PN Mon PN Mon PN Mon PN  
Dogters 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag     6 3 10 0    
Uitslae tot dusver                
Gewen 1 - 1 - 1 - 3 -
Verloor 3 - 3 - 3 - 1 -
Gelyk 0 - 1 - 0 - 0 -
Skaak: Gauteng Kampioenskappe, 24 Augustus 2019
  • Seuns 0/15 eindig 7de in Gauteng.
  • Dogters 0/19 eindig 13de in Gauteng.
Krieket:

19 Aug:

PNHS 2 v/s H/S Hartebeespoort 2, weg. PNHS 2 kolf eerste en behaal 171 / 5 in hul toegelate 20 beurte. Morné Jacobs vaar uitstekend met die kolf en slaan 74* lopies van 40 balle (ontvang ‘n silwer balkie) en Dehan Martin slaan 37 lopies (ontvang ‘n brons balkie). Hartebeespoort volg op met 172 / 6 in 18 beurte. Goeie boulwerk van Morné Jacobs met 1/12 in 4 beurte. PNHS 2 verloor met 6 paaltjies. Dit was ons 2de span se tweede ligawedstryd waarvan hulle een wen en een verloor.

20 Aug:

PNHS 0/14 A v/s Sutherland High School 0/14 A, weg. Sutherland 0/14 A kolf eerste en behaal 136 / 8 in hul toegelate 20 beurte. Baie goeie veldwerk van PNHS lei tot 6 uithardlope. PNHS 0/14 A volg op met 138 / 5. Goeie kolfwerk van Dean du Toit met 29 lopies van 36 balle, Andrew Durdle met 27 lopies van 28 balle en Dehan Smith met 29 lopies van 19 balle. PNHS 0/14 A wen met 5 paaltjies. Dit was ons 0/14 A span se derde ligawedstryd, waarvan hulle drie wen.

22 Aug:

PNHS 0/15 A v/s Sutherland High School 1, weg. PNHS 0/15 A kolf eerste en behaal 128 / 7 in hul toegelate 20 beurte. Goeie kolfwerk van Ludwig Erasmus met 57 lopies van 46 balle (ontvang ‘n silwer balkie). Sutherland volg op met 129 / 3 na 17 beurte. Goeie boulwerk van Ruan Ball met 2 / 18 in 4 beurte. PNHS 0/15 A verloor met 7 paaltjies. Dit was ons 0/15 A span se tweede ligawedstryd, waarvan hulle een wen en een verloor.

17 Aug:

PNHS 1 v/s Sutherland High School 1, tuis. PNHS 1 kolf eerste en behaal 79 / 9 in hul toegelate 50 beurte. Goeie kolfwerk van Jarrod Davis met 41 lopies van 46 balle (ontvang ‘n brons balkie), Tristan Cloete met 36 lopies van 26 balle (ontvang ‘n brons balkie) en Ludwig Erasmus met 74 lopies van 65 balle (ontvang ‘n silwer balkie). Sutherland volg op met 280 / 6 in 40 beurte en wen met 4 paaltjies. Goeie boulwerk van Ryan Cilliers wat 2 paaltjies vir 35 lopies in 4 beurte neem. PNHS 1 verloor met 4 paaltjies. Dit was ons 1ste span se tweede ligawedstryd waarvan ons een wen en een verloor. Geluk aan Ludwig Erasmus wat die trofee vir beste kolwer verower, Ryan Cilliers wat die trofee vir beste bouler verower en Juandré Venter wat die trofee vir beste veldwerker verower.

Jukskei: Liga 2: 24 Augustus Jukskeipark:
Seuns 0/19A 0/19A 0/19A 0/19A 0/19A 0/19A 0/19A 0/19A
Skool PN Won PN AHS PN JV PN Gars
Uitslag 9.5 4.5 8 7 8.5 7 7 8
Uitslae tot dusver                
Gewen 2 - 3 - 3 - 3 -
Gelykop 0 - 0 - 0 - - -
Verloor 0 - 0 - 0 - 1 -

Won = Wonderboom / AHS = Afrikaans Hoër Seuns / JV = John Vorster / Gars = Garsfontein

Seuns 0/19B 0/19B 0/19B 0/19B 0/19B 0/19B
Skool PN GM PN JV PN JV
Uitslag 8 7 10.5 4.5 7 8
Uitslae tot dusver            
Gewen 3 - 4 - 4 -
Gelykop 0 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 0 - 1 -

GM = Gerrit Maritz / JV = HTS John Vorster

Dogters 0/19A 0/19A 0/19A 0/19A 0/19A 0/19A
Skool PN Ak PN Mon PN Gars
Uitslag 8 7 5.5 9.5 2.5 12.5
Uitslae tot dusver            
Gewen 3 - 3 - 3 -
Gelykop 0 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 1 - 2 -

Ak = Akasia / Mon = Montana / Gars = Garsfontein

Dogters 0/19B 0/19B 0/19B 0/19B 0/19B 0/19B
Skool PN T PN Ak PN Her
Uitslag 8 7 10.5 4.5 8 7
Uitslae tot dusver            
Gewen 2 - 3 - 4 -
Gelykop 0 - 0 - 0 -
Verloor 1 - 1 - 1 -

T = Tuine / Ak = Akasia / Her = Hercules

Netbal:
Fast Five: Garsfontein, 20 Augustus 2019
  • PNHS 0/15 A v/s Montana 3, wen 11 – 6 (Wedstryde 21⁄ 2 / 6).
  • PNHS 0/15 A v/s Montana 1, verloor 2 – 20. (Wedstryde 21⁄ 2 / 7)
  • PNHS 0/18 A v/s Garsfontein 1, verloor 4 – 34. (Wedstryde 2 / 6)
  • PNHS 0/18 A v/s Montana 2, verloor 8 – 14. (Wedstryde 2 / 7)
Rugby 7’s: Sutherland High School, 24 Augustus 2019
  • PNHS 0/15 A v/s Montana 0/15 B, verloor 5 – 14. (Wedstryde 0 / 1)
  • PNHS 0/15 A v/s Garsfontein 0/15A, verloor 0 – 32. (Wedstryde 0 / 2)
  • PNHS 0/15 A v/s Eldoraigne 0/15 A, verloor 10 – 31. (Wedstryde 0 / 3)
  • PNHS 0/15 A v/s Overkruin 0/15 A, verloor 7 – 28. (Wedstryde 0 / 4)

  • PNHS 0/17 A v/s Landboudal 0/17 A, verloor 0 – 21. (Wedstryde 0 / 1)
  • PNHS 0/17 A v/s Zwartkop 0/17 A, verloor 0 – 38. (Wedstryde 0 / 2)
  • PNHS 0/17 A v/s Vereeniging 0/17 A, wen 26 – 21. (Wedstryde 1 / 3)
  • PNHS 0/17 A v/s Tuine 0/17 A, wen 14 – 12. (Wedstryde 2 / 2)
  • PNHS 0/17 A v/s Eldoraigne 0/ 17 A verloor 19 – 26 (Wedstryde 2 / 5)
Akademie: Spellathon: 19 / 22 Augustus 2019, Eduplex

Baie geluk aan die volgende deelnemers wat sertifikate en balkies verower: Miné Roets, Kelly Malambo, Kayla Roets, Cathleen Roets en Istelle Brand.

Kultuur:
Revue: Kuns Vereniging Kunswedstryd, 19 Augustus 2019

Baie geluk aan ons Revue groep wat ‘n A++ ontvang en diploma en medalje wenners is.

Revue: Kaleidoskoop Kompetisie, 13 Augustus 2019, Staatsteater

Baie geluk aan ons Revue-groep wat as kategoriewenner, kwalifiseer vir die finaal wat op 29 Augustus in die staatsteater gaan plaasvind.

Merietefunksie 2019
  • Alle leerders wat presteer het in aktiwiteite buite skoolverband moet asseblief bewyse van hierdie prestasies by Mev. Swanepoel inhandig voor of op 6 September 2019. Leerders wat in gebreke bly om bewyse in te handig sal geen meriete-erkenning van die skool ontvang nie. Geen laat inhandigings sal ongelukkig aanvaar kan word nie omdat die merieteprogram vasgestel moet word.
Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2020 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Woensdag, 16 Oktober 2019 om 18H00 in die skoolsaal. Ons nooi al ons ouers uit om hierdie baie belangrike vergadering by te woon en u insette te kom lewer. Volgens nuwe regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Woensdag, 16 Oktober 2019 is nie sal die vergadering op Dinsdag, 5 November 2019 plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees by ons finansiële kantoor vanaf Woensdag, 2 Oktober 2019 vir insae.

PNHS Jaarlikse Gholfdag: 15 Oktober 2019

Neem asseblief kennis van ons skool se jaarlikse gholfdag wat gaan plaasvind op Dinsdag 15 Oktober 2019. Hierdie jaar word dit vir die eerste keer aangebied by die Four Seasons gholfklub op Brits, dit beloof om sommer ‘n lekker bosveld ervaring te wees! Dit sal weer ‘n besondere dag wees, wat u nie moet misloop nie. Ons reëlings vorder reeds fluks.

  • Die koste van ‘n vierbal beloop R 2400 – 00 en sluit in speelfooie, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkie, halfweghuis en prysuitdelingsfunksie.

Borgskappe vir besighede is ook beskikbaar en wel asvolg:

  • Putjieborg teen R 2500-00, vir uitstalspasie by ‘n putjie.
  • Putjieborg teen R4500 – 00, vir uitstalspasie by ‘n putjie, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes, prysuitdelingsfunksie.
  • Halfweghuisborg teen R 5500 -00, vir uistalspasie by die registrasiepunt en halfweghuis, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes en prysuitdelingsfunksie.
  • Prysuitdelingsfunksie borg teen R 6000 – 00, vir uitstalspasie by die prysuitdeling, spreekbeurt tydens die prysuitdelingsfunksie, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes, prysuitdelingsfunksie.

Daar is ongelukkig net beperkte plek beskikbaar verseker dat u, u plek so vining as moontlik bespreek om teleurstelling te voorkom. Indien u sou belangstel om te speel kan u gerus skakel met ons koördineerder, Mev A Smith, by 071 6094299 of e-pos by [email protected] of enige van ons Akademie voorsitters. Indien u ‘n besigheid besit en graag betrokke wil raak by die dag in die vorm van borgskappe of ‘n vierbal wil inskryf is u ook welkom om met haar of enige van ons Akademie voorsitters te skakel.

Tender: Rekenaar toerusting

Ons rekenaartoerusting in die een sentrum is opgegradeer. Dit is “Thin clients”(“master with two slaves”) om te koppel aan ‘n “server” / bediener in ‘n lokale area netwerk. Geskik vir 27 kliënterekenaars vanaf ‘n bediener. Geen skerms, sleutelborde of muise nie. Belangstellendes kan ‘n aanbod maak by [email protected]. Vir besigtiging kan ‘n afspraak met Mev. I Kamffer gemaak word by die skool (012 546 6590). Die tender sal sluit op 30 Augustus 2019 om 14H00.

Betrekking:

Daar is ‘n vakante pos beskikbaar by die skool as Assistent tot die Fasiliteitsbestuurdeer. Pligte sluit onder andere in, nagaan van voertuie en ritboeke, bestuur van voorraadstoor en toesighouding oor terrein assistente. Salaris beloop R 52 560 per jaar. Belangstellendes kan aansoeke met CV rig aan: [email protected] Sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag, 30 Augustus 2019 om 14H00.

Program vir die week

Maandag, 26 Aug:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • PN-Raad: Hoofleierverkiesing.
  • Sagtebal: Dogters 0/14 & 0/19 v/s Montana, 14H30, weg.
  • Sagtebal: Seuns proewe, 14H30, tuis.
  • Krieket: PNHS 2 v/s Montana 2, 14H30, weg.

Dinsdag, 27 Aug:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Krieket: 0/14 v/s Hartebeespoort, 14H30, weg.
  • Gholf: PNHS 2 v/s Waterkloof 5, 14H30, Dienste gholfklub.
  • Gholf: PNHS 3 v/s Erasmus 2, 14H30, Akasia gholfklub.
  • PN-Raad inhuldiging, 18H00, saal.

Woensdag, 28 Aug:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Akademiese uur graad 8 – 11, 14H15 – 15H15.
  • Akademie Skakeling: Voorsittersvergadering, 18H00, personeelkamer.

Donderdag, 29 Aug:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Krieket: PNHS 0/15 v/s Hartebeespoort, 14H30, tuis.
  • Beheerliggaam: Geboue en Terrein vergadering, 16H00, Konferensiekamer.
  • Beheerliggaam: Finansiële Komiteevergadering, 17H15, Konferensiekamer.
  • Beheerliggaam: Uitvoerende Komiteevergadering, 19H00, Konferensiekamer.
  • Revue: Kaleidoskoop Finaal, 18H00, staatsteater. Busse vertrek om 13h50 vanaf PNHS.

Vrydag, 30 Aug:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Revue: “8 Beats”- Kompetisie Finaal, 18H00, Krugersdorp, Busse vertrek om 13H00 by PNHS.
  • Sagtebal: Seuns v/s Homespun, 14H30, weg.
  • Rugby: 7’s, Montana, 14H30.
  • Lewenswetenskappe uitstappie: Night at the Museum, 18H00, Transvaal Museum, Busse vertrek om 16H00 by PNHS.

Saterdag, 31 Aug:

  • Rugby: 7s, 09H00, Montana.
  • Jukskei Liga 3, 09H00, Jukskeipark.
  • Krieket: PNHS 1 v/s Hartebeespoort 1, 09H00, tuis.
  • Sagtebal: Dogters v/s Oos Moot, 09H00, tuis.
  • Lewenswetenskappe uitstappie: Night at the Museum, 18H00, Transvaal Museum, Busse terug om 09H00 by PNHS.

Aflaai aanhangsel

Terug