Omsendbrief 28/2019

Omsendbrief 28/2019

Administratief
August 19, 2019


Geagte ouers
Gholf

12 Aug:

PNHS 1 v/s Wagpos 2, Akasia gholfbaan. PNHS 1 wen met 4 wedstryde teenoor 0. Geluk aan Ivan Bouwer, Dillan McMaster, Leigh Loots en Matthew Kilfoil wat hulle wedstryde wen. Dit was ons 1ste span se vierde ligawedstryd waarvan hulle 3 wen en 1 gelykop speel.

Sagtebal:
Liga 2: Dogters v/s H/S Centurion, weg, 13 Augustus 2019
Skool PN Cen PN Cen PN Cen PN Cen
Dogters 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag 0 17 4 11 1 7 1 4
Uitslae tot dusver                
Gewen 1 - 0 - 0 - 1 -
Verloor 1 - 1 - 2 - 1 -
Gelyk 0 - 1 - 0 - 0 -
Liga 3: Dogters v/s Afrikaans Hoër Meisies, tuis, 15 Augustus 2019
Skool PN AHMP PN AHMP PN AHMP PN AHMP
Dogters 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag 0 14 7 8 2 17 4 3
Uitslae tot dusver                
Gewen 1 - 0 - 0 - 2 -
Verloor 2 - 2 - 3 - 1 -
Gelyk 0 - 1 - 0 - 0 -
Liga 3: Seuns v/s Tuine, 15 Augustus 2019 (0/14 wedstryd ingehaal)
Skool PN   PN T PN T PN T
Seuns 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag 13 5 15 5 6 11 5 9
Uitslae tot dusver                
Gewen 3 - 3 - 2 - 2 -
Verloor 0 - 0 - 1 - 1 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Liga 5: Seuns v/s Wagpos, 16 Augustus 2019
Skool PN Wp PN Wp PN Wp PN Wp
Seuns 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag     18 0 20 8 6 8
Uitslae tot dusver                
Gewen 3 - 4 - 4 - 3 -
Verloor 0 - 0 - 1 - 2 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Skool PN   PN Wp PN   PN  
Seuns 0/14B 0/14B 0/15B 0/15A 0/16B 0/16B 2de 2de
Uitslag     14 4        
Uitslae tot dusver                
Gewen 0 - 3 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 1 - 0 - 0 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Liga 4: Dogters v/s Overkruin, tuis, 17 Augustus 2019
Skool PN Ov PN Ov PN Ov PN Ov
Dogters 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag 0 14 3 7     13 9
Uitslae tot dusver                
Gewen 1 - 0 - 0 - 3 -
Verloor 3 - 3 - 3 - 1 -
Gelyk 0 - 1 - 0 - 0 -
Skaak: Distrik Tshwane - Wes Kampioenskappe, 17 Augustus 2019
  • Seuns 0/15 wen hulle afdeling en dring deur na die Gauteng-Noord Skole Kampioenskappe.
  • Dogters 0/19 wen hulle afdeling en dring deur na die Gauteng-Noord Skole Kampioenskappe.
Landloop
Liga 6: H/S Oos Moot, 14 Augustus 2019
  • Junior dogters: Nelmari Driescher, Marang Mothupi, Megan Combrink, Marcolaine Kirsch en Lenushke van Niekerk eindig 3de in die B-Afdeling, met Marcolaine Kirsch wat die beste vaar met ‘n 23 ste plek uit 206 deelnemers.
  • Junior seuns: Carel Greyling, Henrico Grobler, Xander Bronkhorst, Nathan Grobler en Leander Esterhuizen eindig 3de in die B-Afdeling, met Xander Bronkhorst wat die beste vaar met ‘n 30ste plek uit 227 deelnemers.
  • Senior Dogters: Joelien Greyling, Abigaile Grobler, Chantal van Aardt, Natasha Sikisi, Chadonny Duvenhage en Megan Kilfoil eindig 1ste in die B-Afdeling met Chantal van Aardt wat die beste vaar met ‘n 23ste plek uit 205 deelnemers.
  • Senior Seuns: Willie van Rooyen, Coenie Kruger, Dylan McMaster, Reynecke de Wet en Renato Snyman eindig 2de in die B-Afdeling met Dylan McMaster wat die beste vaar met ‘n 14de plek uit 251 deelnemers.
Krieket:

12 Aug:

PNHS 2 v/s Rietondale Secondary 2, weg. PNHS 2 kolf eerste en behaal 139 / 5 in hul toegelate 20 beurte. Adrian Durdle vaar uitstekend met die kolf en slaan 76 lopies van 58 balle (ontvang ‘n silwer balkie). Rietondale Secondary volg op met 137 / 8 in hul toegelate 20 beurte. Goeie boulwerk van Elkan van Wyk met 5 /18 in 4 beurte (ontvang ‘n silwer balkie). PNHS 2 wen met 2 lopies. Dit was ons 2de span se eerste ligawedstryd.

13 Aug:

PNHS 0/14 A v/s HTS Tuine 0/14 A, tuis. PNHS 0/14 A kolf eerste en behaal 216 / 2 in hul toegelate 20 beurte. Goeie kolfwerk van Jadon Gordon met 112* van 64 balle (ontvang ‘n goue balkie), Driaan Theron met 58 lopies van 30 balle (ontvang ‘n silwer balkie) en Dean du Toit met 21* van 19 balle. HTS Tuine volg op met 77 / 10 na 12 beurte. Goeie boulwerk van Dean du Toit met 3 / 15 in 2 beurte (ontvang ‘n brons balkie) en Jadon Nel met 4 / 24 in 4 beurte (ontvang ‘n brons balkie). PNHS 0/14 A wen met 139 lopies. Dit was ons 0/14 A span se tweede ligawedstryd, waarvan hulle beide wen.

15 Aug:

PNHS 0/15 A v/s HTS Tuine 0/15 A, tuis. PNHS 0/15 A kolf eerste en behaal 253 / 3 in hul toegelate 20 beurte. Goeie kolfwerk van Ryan Cilliers met 60 lopies van 27 balle (ontvang ‘n silwer balkie), Zain Vorster met 123* lopies van 87 balle (ontvang ‘n goue balkie) en Ludwig Erasmus met 42 lopies van 26 balle (ontvang ‘n brons balkie). HTS Tuine volg op met 53 / 10 na 10 beurte. Goeie boulwerk van Ruan Ball met 5 / 15 in 4 beurte (ontvang ‘n silwer balkie) en Melwin Swart met ‘n driekuns van 3 / 0 in 3 beurte (ontvang ‘n brons balkie). PNHS 0/15 A wen met 200 lopies. Dit was ons 0/15 A span se eerste ligawedstryd.

17 Aug:

PNHS 1 v/s HTS Tuine 1, weg. PNHS 1 kolf eerste en behaal ‘n nuwe rekord van 606 10 in hul toegelate 50 beurte. Goeie kolfwerk van Henk Fick met 275 lopies van 100 balle (ontvang ‘n goue balkie), Jan Jones met 74 lopies van 48 balle (ontvang ‘n silwer balkie), Juandré Venter met 57* lopies van 24 balle (ontvang ‘n silwer balkie), Ari Dekker met 37 lopies (ontvang ‘n brons balkie) en Adrian Durdle met 37 lopies (ontvang ‘n brons balkie). HTS Tuine volg op met 105 / 10 na 23 beurte. Goeie boulwerk van Morné Jacobs met 4 / 10 in 3 beurte (ontvang ‘n brons balkie). PNHS 1 wen met 501 lopies. Dit was ons 1ste span se eerste ligawedstryd.

Jukskei: Liga 1: 17 Augustus Jukskeipark:
Seuns 0/19A 0/19A 0/19B 0/19B 0/19B 0/19B
Skool PN Mon PN Won PN Herc
Uitslag 9.5 5.5 8 7 12.5 12.5
Uitslae tot dusver            
Gewen 1 - 1 - 2 -
Gelykop 0 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 0 - 0 -

Mon = Montana / Won = Wonderboom / Herc = Hercules

Dogters 0/19A 0/19A 0/19A 0/19A 0/19A 0/19A
Skool PN Won PN HTST    
Uitslag 8 7 8 7    
Uitslae tot dusver            
Gewen 1 - 2 - - -
Gelykop 0 - 0 - - -
Verloor 0 - 0 - - -

Won = Wonderboom / HTST = Hoër Tegniese Skool Tuine

Dogters 0/19AB 0/19AB 0/19B 0/19B 0/19B 0/19B
Skool PN FHO PN HTS JV    
Uitslag 8 7 7 8    
Uitslae tot dusver            
Gewen 1 - 1 - - -
Gelykop 0 - 0 - - -
Verloor 0 - 1 - - -

FHO = FH Odendaal / HTS JV = Hoër Tegniese Skool John Vorster

Seuns 0/16A 0/16A 0/16A 0/16A 0/16A 0/16A
Skool PN HTST PN Hpt    
Uitslag 7 8 8 7    
Uitslae tot dusver            
Gewen 0 - 1 - - -
Gelykop 0 - 0 - - -
Verloor 1 - 1 - - -

HTST = Hoër Tegniese Skool Tuine / Hpt = Hartebeespoort

Netbal:
Fast Five: Garsfontein, 13 Augustus 2019
  • PNHS 0/15 A v/s Garsfontein verloor 6 – 22. (Wedstryde 0 /1).
  • PNHS 0/15 A v/s Montana verloor 18 – 21. (Wedstryde 0 / 2)
  • PNHS 0/18 A v/s Rosina Sedibane, wen 20 – 15. (Wedstryde 1 / 1)
  • PNHS 0/18 A v/s Overkruin, wen 18 – 7. (wedstryde 2 / 2)
Fast Five: Montana, 15 Augustus 2019
  • PNHS 0/15 A v/s Rosina Sedibane gee punte. (Wedstryde 1 / 3).
  • PNHS 0/15 A v/s NSD, gelykop 17 – 17. (Wedstryde 11⁄ 2 / 3)
  • PNHS 0/18 A v/s NSD, verloor 6 – 10. (Wedstryde 2 / 3)
  • PNHS 0/18 A v/s Garsfontein, verloor 14 – 27. (wedstryde 2 / 4)
Akademie:
Interne Vasvra: Derde Kwartaal

Baie geluk aan die volgende wenners:

Graad 8: Sebastian van As (1ste), Ulrich Gouws (2de), Ludwig Erasmus (2de) en Wian Rynners (2de).

Graad 9: Nerise Venter (1ste), Lourens du Plessis (2de) en Chanté Forbes (2de).

Graad 10: Anri Louw (1ste), Madelet van Loggerenberg (1ste) en Adriaan Buitendag (2de).

Graad 11: Karla Vos (1ste) en Lize Britz (2de)

Graad 12: Hansie Janse van Rensburg (1ste) en Nicole Renshaw (2de)

Algehele wenner: Karla Vos (85%)

Noord-Gauteng Wetenskap Ekspo, 17 Augustus 2019, UP

Geluk aan die volgende leerders van PNHS wat uitstekend presteer:

  • Bianca Swanepoel met haar projek: “Toiletpapier is dit veilig?” wen ‘n brons medalje.
  • Jandré Malan met sy projek “Shack Fire Supression System” wen ‘n goue medalje.
  • Marco Botha ën Richardt Oliver met hulle projek: “Sien Radioaktiwiteit” wen goue medaljes.
  • Jandré Malan, Richardt Oliver en Marco Botha wen ook ‘n spesiale prys vir die beste projek in hulle velde en word ook uitgenooi om aan die nasionale Wetenskap Ekspo deel te neem.
Kultuur:
Grafiti Kompetisie: 15 Augustus 2019

Baie geluk aan die volgende wenners:

  • Derde plek: Gedeel tussen Charel van Rooyen, Joelien Greyling, Ansurique Fourie en Christiaan Taljaart.
  • Tweede plek: Maruis Rinke, Paul Kohls, Adriaan de Wett, Corné Coetzee en Charl Botes.
  • Eerste plek: Chanté Williamson, Nathan Grobler en Leané Venter.
PNNK Talentaand: 15 Augustus 2019

Geluk aan die volgende Kategorie wenners:

  • Solo sang: Melanny van Dyk.
  • Duet sang: Eleni Trafyllis en Maruché Smith gelykop met Charistel du Bruyn en Kaitlin Swain.
  • Groep dans: Synchronised Swimmers.
  • Solo dans: Keaton Geere.
  • Voordrag / Drama: Vryspraak.
  • Instrumentaal: Eric Reynecke en Emile Coetzee.

Die algehele wenner wat ‘n prysgeld van R 5000-00 wen was: Keaton Geere met sy dans solo.

Gedrag

Geluk aan: Niné Roets (11A) wat ‘n waardebalkie vir verantwoordelikheid ontvang.

Merietefunksie 2019
  • Alle leerders wat presteer het in aktiwiteite buite skoolverband moet asseblief bewyse van hierdie prestasies by Mev. Swanepoel inhandig voor of op 6 September 2019. Leerders wat in gebreke bly om bewyse in te handig sal geen meriete-erkenning van die skool ontvang nie. Geen laat inhandigings sal ongelukkig aanvaar kan word nie omdat die merieteprogram vasgestel moet word.
Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2020 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Woensdag, 16 Oktober 2019 om 18H00 in die skoolsaal. Ons nooi al ons ouers uit om hierdie baie belangrike vergadering by te woon en u insette te kom lewer. Volgens nuwe regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Woensdag, 16 Oktober 2019 is nie sal die vergadering op Dinsdag, 5 November 2019 plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees by ons finansiële kantoor vanaf Woensdag, 2 Oktober 2019 vir insae.

PNHS Jaarlikse Gholfdag: 15 Oktober 2019

Neem asseblief kennis van ons skool se jaarlikse gholfdag wat gaan plaasvind op Dinsdag 15 Oktober 2019.

Hierdie jaar word dit vir die eerste keer aangebied by die Four Seasons gholfklub op Brits, dit beloof om sommer ‘n lekker bosveld ervaring te wees! Dit sal weer ‘n besondere dag wees, wat u nie moet misloop nie.

Ons reëlings vorder reeds fluks.

  • Die koste van ‘n vierbal beloop R 2400 – 00 en sluit in speelfooie, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkie, halfweghuis en prysuitdelingsfunksie. Borgskappe vir besighede is ook beskikbaar en wel asvolg:
  • Putjieborg teen R 2500-00, vir uitstalspasie by ‘n putjie.
  • Putjieborg teen R4500 – 00, vir uitstalspasie by ‘n putjie, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes, prysuitdelingsfunksie.
  • Halfweghuisborg teen R 5500 -00, vir uistalspasie by die registrasiepunt en halfweghuis, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes en prysuitdelingsfunksie.
  • Prysuitdelingsfunksie borg teen R 6000 – 00, vir uitstalspasie by die prysuitdeling, spreekbeurt tydens die prysuitdelingsfunksie, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes, prysuitdelingsfunksie.

Daar is ongelukkig net beperkte plek beskikbaar verseker dat u, u plek so vining as moontlik bespreek om teleurstelling te voorkom. Indien u sou belangstel om te speel kan u gerus skakel met ons koördineerder, Mev A Smith, by 071 6094299 of e-pos by [email protected] of enige van ons Akademie voorsitters. Indien u ‘n besigheid besit en graag betrokke wil raak by die dag in die vorm van borgskappe of ‘n vierbal wil inskryf is u ook welkom om met haar of enige van ons Akademie voorsitters te skakel.

Tender: Rekenaar toerusting

Ons rekenaartoerusting in die een sentrum is opgegradeer. Dit is “Thin clients”(“master with two slaves”) om te koppel aan ‘n “server” / bediener in ‘n lokale area netwerk. Geskik vir 27 kliënterekenaars vanaf ‘n bediener. Geen skerms, sleutelborde of muise nie. Belangstellendes kan ‘n aanbod maak by [email protected]. Vir besigtiging kan ‘n afspraak met Mev. I Kamffer gemaak word by die skool (012 546 6590). Die tender sal sluit op 30 Augustus 2019 om 14H00.

Betrekking:

Daar is ‘n vakante pos beskikbaar by die skool as Assistent tot die Fasiliteitsbestuurdeer. Pligte sluit onder andere in, nagaan van voertuie en ritboeke, bestuur van voorraadstoor en toesighouding oor terrein assistente. Salaris beloop R 52 560 per jaar. Belangstellendes kan aansoeke met CV rig aan: [email protected] Sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag, 30 Augustus 2019 om 14H00.

Program vir die week

Maandag, 19 Aug:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Spellathon, 08H00, Eduplex.
  • Sagtebal: Dogters 0/16 v/s Overkruin, 14H30, tuis.
  • Krieket: PNHS 2 v/s Hartebeespoort, 14H30, tuis.
  • Gholf: PNHS 3 v/s Waterkloof 5, 14H30, Woodhill.

Dinsdag, 20 Aug:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Krieket: 0/14 v/s Sutherland, 14H30, weg.
  • Gasvryheidstudies: Graad 10 restaurantaand, 18H00, restaurant.
  • Hokkie Akademie vergadering, 18H00, personeelkamer.

Woensdag, 21 Aug:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Akademiese uur graad 8 – 11, 14H15 – 15H15.
  • Sagtebal: S 0/19 v/s Eduplex, 14H30, tuis.

Donderdag, 22 Aug:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Spellathon, 08H00, Eduplex.
  • Fotografieklub, 14H00, K 74.
  • Krieket: PNHS 0/15 v/s Sutherland, 14H30, weg.
  • PN-Raadkamp, Meulstroom, vertrek 15H15.
  • Gasvryheidstudies: Graad 10 restaurantaand, 18H00, restaurant.

Vrydag, 23 Aug:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • PN-Raadkamp, Meulstroom.

Saterdag, 24 Aug:

  • PN-Raadkamp, Meulstroom.
  • Rugby: 7s, 09H00, Sutherland.
  • Jukskei Liga 2, 09H00, Jukskeipark.
  • Krieket: PNHS 1 v/s Sutherland, 09H00, weg.
  • Skaak: Gauteng-Noord Kampioenskappe, 06H30, Tshwane Events Centre (Pretoria Skougronde)

Sondag, 25 Aug:

  • PN-Raadkamp, Meulstroom. Terug by PNHS om 12H00.

Aflaai aanhangsel

Terug