Omsendbrief 24/2019

Omsendbrief 24/2019

Administratief
July 22, 2019


Geagte ouers
Lief en Leed:

Dit is met leedwese dat ons verneem het van die afsterwe van een van ons voormalige ouers en hart van Pretoria-Noord sagtebal, Mnr. André van Niekerk. Mag ons Vader vir sy gesin vertroosting geen in hierdie moeilike tyd.

Tennis

12 Julie:

PNHS Seuns 1ste v/s H/S Zwartkops. H/S Zwartkop onttrek en PNHS kry punte. Dit was ons Seuns 1ste span se vyfde ligawedstryd, waarvan hulle vyf wen.

PNHS 2 v/s Southdowns College 1. PNHS verloor met 29 potte teenoor 38. Geluk aan Elkan van Wyk wat sy wedstryd wen met 9 – 2. Dit was ons 2de span se derde ligawedstryd waarvan hulle een wen en twee verloor.

Sport buite skoolverband
  • Geluk aan Megan Kilfoil, Abigail Grobler en Willie van Rooyen wat opgeneem is in die GautengNoord klubspan wat op 28 September 2019 aan die Suid-Afrikaanse Padwedloop Kampioenskappe op Middelburg gaan deelneem.
  • Baie geluk aan Michani Viljoen wat opgeneem is in die Gauteng Skietspan van die SA Sport en Jag Federasie. Hierdie span gaan op 9 & 10 Augustus 2019 aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe op Pietersburg deelneem.
Kultuur
Koor: Noorderkruin Kunstefees, 19 Julie 2019, H/S Wonderboom.

Geluk aan ons koor wat ‘n A+ verower.

Revue: Noorderkruin Kunstefees, 19 Julie 2019, H/S Wonderboom.

Geluk aan ons revue wat ‘n A+ verower.

Graad 8 inskrywings 2020.

Na indringende gesprekke tussen die Hoof van die Gauteng Onderwys Departement en FEDSAS op Vrydag, 10 Mei 2019 is die aanlyn registrasie proses uitgestel tot Maandag, 20 Mei 2019.

Indien u ‘n kind in graad 7 het of iemand ken wat ‘n kind in graad 7 het neem asseblief kennis van hierdie belangrike kennisgewing.

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys die amptelike datums vir inskrywing vir 2020 uitgestel het. Graad 8 inskrywings vir 2020 sal amptelik open op Maandag, 20 Mei 2019 om 08H00 en sluit op Maandag, 22 Julie 2019 om middernag. Enige aansoek na 22 Julie 2019 word geag as ʼn “laat aansoek” en sal deur die distrikte geplaas waar hulle spasie kan vind.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U doen aansoek by www.gdeadmissions.gov.za en sal ʼn toelatingsnommer ontvang. Leerders word streng volgens die volgorde van hierdie toelatingsnommers geplaas. Hierna moet die ouer binne ʼn week inskrywingsdokumente by die skool van keuse inhandig om die aanlynaansoek te bevestig, anders verval die aanlynaansoek. Geliewe te let dat hoe vinniger hierdie dokumente ingehandig word, hoe vinniger kan ons administratiewe personeel die dokumentasie op die stelsel bevestig.

Neem asseblief kennis dat H/S Pretoria-Noord oor die afgelope paar jaar ʼn geweldige toename in die aanvraag na plek by die skool beleef. Verlede jaar was die skool reeds vol 29 minute nadat inskrywings geopen het. Die skool het hierdie jaar sy kapasiteit bereik met oor ʼn duisend leerders en der halwe sal ons vir 2020 slegs 200 graad 8 leerders kan aanvaar. Ons wil u daarom sterk aanbeveel om so vinnig as moontlik aansoek te doen om u plek te verseker indien H/S Pretoria-Noord u skool van keuse is.

Maak seker dat u die volgende dokumentasie saam met u inskrywingsvorms inhandig:

  • Geboortesertifikaat van leerder

  • Bewys van u fisiese woonadres (water en ligterekening)

  • Laaste laerskoolrapport van u kind

  • Afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Enige verdere navrae kan gerig word by 012 546 6950 of by [email protected] .

Baie sterkte met die inskrywingsproses.

Merietefunksie 2019
  • Alle leerders wat presteer het in aktiwiteite buite skoolverband moet asseblief bewyse van hierdie prestasies by Mev. Swanepoel inhandig voor of op 6 September 2019. Leerders wat in gebreke bly om bewyse in te handig sal geen meriete-erkenning van die skool ontvang nie. Geen laat inhandigings sal ongelukkig aanvaar kan word nie omdat die merieteprogram vasgestel moet word.
Program vir die week

Maandag, 22 Julie:

  • PN-Raad verkiesing: Kandidatelys bekend. Appélle na BL Voorsitter.
  • Engelse mondeling moderering graad 12, 12H30, H/S Gerrit Maritz.
  • Akademiese uur: graad 12 (Sleutel 1), 14H15 -15H00.
  • Gholf: PN 1 v/s Midstream 2, 14H30, Akasia gholfklub. PN 4 v/s Oos Moot 2, 14H30, Akasia gholfklub. PN 2 v/s Midstream 4, 14H30, Irene gholfklub.
  • Oueraand, 18H00, saal.

Dinsdag, 23 Julie:

  • PN-Raad verkiesing: Appélle na BL Voorsitter.
  • Akademiese uur: graad 12 (Sleutel 2), 14H15 -15H00.
  • English Evening, 17H30, personeelkamer.

Woensdag, 24 Julie:

  • PN-Raad verkiesing: Appélle na BL Voorsitter sluit om 14H00.
  • Akademiese uur: graad 12 (Sleutel 3), 14H15 -15H00.
  • Landloop: Liga 2: Sutherland, 14H30.
  • Akademie Voorsittersvergadering, 18H00, personeelkamer.
  • Beheerliggaam: Finansiële Komiteevergadering, 17H15, Konferensiekamer.
  • Beheerliggaam: Uitvoerende Komiteevergadering, 19H00, Konferensiekamer.

Donderdag, 25 Julie:

  • Tennis: Seuns 0/15 v/s Maragon College, 14H30, tuis.
  • Skaak: PNHS v/s Gerrit Maritz, 14H30, weg.
  • Gasvryheidstudies: Graad 12 restaurantaand, 18H00, restaurant.
  • Revue: Tshwane Jeug Kunstefees, 18H00, staatsteater.

Vrydag, 26 Julie:

  • Graad 12 afskeid uitnodigings uit, KYKNET: my matriekafskeid opname, 07H20, A-rugbyveld. Leerders trek slegs Vrydagdrag met benchjacket aan, geen provinsiale kleure nie as gevolg van KYKNET opname.
  • Ina Paarman projek skop af.
  • Eistedfodd inskrywings sluit.
  • Wetenskap Ekspo: Interne Beoordeling, 14H00, K 14.
  • Sagtebal Liga 1: Seuns v/s Gerrit Maritz, 14H30, tuis. Dogters v/s Wonderboom, 14H30, weg.
  • Tennis:Seuns 1ste v/s Maragon College 1, 14H30, weg.

Saterdag, 27 Julie:

  • Rugby: Virseker Beker: Blou Bulle 3 v/s Limpopo 1: 0/14 v/s H/S Pietersburg, 09H00, Pietersburg. 1ste v/s Pietersburg, 10H00, Pietersburg. 0/15 v/s Ben Viljoen, 10H00, Groblersdal.
  • Brugbou: Gauteng-Noord Kampioenskappe, 08H00 – 16H00, H/S PretoriaNoord.
  • Jukskei: Werkswinkiel, 09H00, Jukskeipark.

Aflaai aanhangsel

Terug