Omsendbrief 22/2019

Omsendbrief 22/2019

Administratief
July 09, 2019


Geagte ouers

Welkom terug by die skool na die vakansie. Dit is ons gebed dat u en u kind ‘n geseënde Derde Kwartaal sal hê.

Lief en Leed

Baie welkom aan ons nuwe personeel:

  • Mej. A van Niekerk wat gaan oorneem by Mnr. M Strydom by Wiskunde, wat aan die einde van die maand na Sjina emigreer,
  • Mnr. R Theÿse wat oorgeplaas is vanaf H/S Wonderboom in die plek van Mev. Kruger by MSW / Aardrykskunde, wat na Ierland geemigreer het.
  • Mnr. B Fourie wat oorgeplaas is vanaf H/S Akasia in die plek van Mej. Muller by Rekeningkunde wat ‘n pos by H/S Zwartkop aanvaar het. Hy sal oorneem by Mev. Kriel wat ons uitgehelp het totdat die oorplasing gefinaliseer kon word.
  • Mnr. T Pieterse wat oorgeneem het by Mev. Gerber wat geemigreer het na Abu Dhabi

Baie welkom aan studente vanaf Tukkies:

  • Mnr. C Nienaber wat by Engels sal waarneem.
  • Mej. I Marais wat by LO sal waarneem.

Baie geluk aan Mev. G McPherson wat haar Meesters-graad met sukses voltooi het.

Wintersport
Rugby: Virseker Beker vir Groot Skole: Liga 6: PNHS v/s H/S Tuine, 13 Junie 2019, tuis
  PN T PN T PN T PN T PN T
  0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Rugby 13 24 32 5 0 31 28 5 36 31
Uitslae tot dusver                    
Gewen 4 - 4 - 1 - 6 - 4 -
Verloor 2 - 1 - 5 - 0 - 2 -
Gelyk 0 - 1 - 0 - 0 - 0 -
  • Baie geluk aan ons 0/14, 0/15 en 1ste spanne wat deurgedring het na die semi-finaal vir Pretoria, dit sal plaasvind op 13 Julie by H/S Overkruin.
  • Baie geluk aan ons 2de span wat hulle seisoen afsluit as onoorwonne ligawenners.
Hokkie AVS Bokkie-week, 24-28 Junie 2019

0/14 Noord-span:

Annika Jacobs (kaptein), Stefni Enslin en Zane de Lange lede van die span wat algeheel 3de eindig op die week.

0/15 Wes-span:

Marizet Human, Henricke Human, DanéMcNay en Michelle Loock lede van die span wat algeheel 4de eindig op die week.

0/19 Noord-span:

Tristan Ziegelmeier lid van die span. Hy word opgeneem in die Bokkie span wat later vanjaar sal toer.

Aktiwiteite buite skool verband
  • Baie geluk aan Lanemie Olwagen wat optree in die “Alice in Wonderland”- produksie wat in die Atterbury Teater opgevoer is gedurende die afgelope vakansie.
  • Baie geluk aan Martin Krebs wat in Beeld se huisgids die wenbrief oor sy omgewing geskryf het. Hy wen daarmee ‘n geskenkbewys van R 2000-00.
Graad 8 inskrywings 2020.

Na indringende gesprekke tussen die Hoof van die Gauteng Onderwys Departement en FEDSAS op Vrydag, 10 Mei 2019 is die aanlyn registrasie proses uitgestel tot Maandag, 20 Mei 2019.

Indien u ‘n kind in graad 7 het of iemand ken wat ‘n kind in graad 7 het neem asseblief kennis van hierdie belangrike kennisgewing.

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys die amptelike datums vir inskrywing vir 2020 uitgestel het. Graad 8 inskrywings vir 2020 sal amptelik open op Maandag, 20 Mei 2019 om 08H00 en sluit op Maandag, 22 Julie 2019 om middernag. Enige aansoek na 22 Julie 2019 word geag as ʼn “laat aansoek” en sal deur die distrikte geplaas waar hulle spasie kan vind.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U doen aansoek by www.gdeadmissions.gov.za en sal ʼn toelatingsnommer ontvang. Leerders word streng volgens die volgorde van hierdie toelatingsnommers geplaas. Hierna moet die ouer binne ʼn week inskrywingsdokumente by die skool van keuse inhandig om die aanlynaansoek te bevestig, anders verval die aanlynaansoek. Geliewe te let dat hoe vinniger hierdie dokumente ingehandig word, hoe vinniger kan ons administratiewe personeel die dokumentasie op die stelsel bevestig.

Neem asseblief kennis dat H/S Pretoria-Noord oor die afgelope paar jaar ʼn geweldige toename in die aanvraag na plek by die skool beleef. Verlede jaar was die skool reeds vol 29 minute nadat inskrywings geopen het. Die skool het hierdie jaar sy kapasiteit bereik met oor ʼn duisend leerders en der halwe sal ons vir 2020 slegs 200 graad 8 leerders kan aanvaar. Ons wil u daarom sterk aanbeveel om so vinnig as moontlik aansoek te doen om u plek te verseker indien H/S Pretoria-Noord u skool van keuse is.

Maak seker dat u die volgende dokumentasie saam met u inskrywingsvorms inhandig:

  • Geboortesertifikaat van leerder

  • Bewys van u fisiese woonadres (water en ligterekening)

  • Laaste laerskoolrapport van u kind

  • Afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Enige verdere navrae kan gerig word by 012 546 6950 of by [email protected] .

Baie sterkte met die inskrywingsproses.

Beheerliggaam: Konsep Toelatingsbeleid

Neem kennis dat die nuwe Beheerliggaam ‘n nuwe Toelatingsbeleid moes opstel in opdrag van die GDO. Hierdie konsep-toelatingsbeleid was beskikbaar op ons webwerf vir u insae en insette tot 17 Junie 2019. Hierdie konsep-toelatingsbeleid moet nou tydens ‘n algemene ouervergadering aanvaar word deur die ouers voordat dit voorgelê kan word aan die Hoof van die Onderwys Departement. Hierdie algemene ouervergadering vir die aanvaarding van ons toelatingsbeleid sal plaasvind op Maandag, 15 Julie 2019 om 17H30 in die skoolsaal. Indien daar nie ‘n kworum is nie sal ‘n volgende algemene ouervergadering belê word vir 5 Augustus 2019 en ‘n stemming plaasvind met of sonder ‘n kworum.

Akademie Skakeling: Sport sielkundige: Dr. Garrath Rosslee, PNHS, 17 Julie 2019, PNHS

Neem kennis dat hierdie gesogte spreker in sportsielkunde op Woensdag, 17 Julie om 08H00 by H/S Pretoria-Noord in die saal gaan optree. Ons nooi al ons sport leerders en hul ouers uit om gratis na hom te kom luister. Sy boek sal ook na die optrede te koop wees.

Program vir die week

Maandag, 8 Julie:

  • Skoolvakansie.

Dinsdag, 9 Julie:

  • Skool heropen.
  • Personeelvergadering, 14H00, personeelkamer.
  • PN-Raad verkiesing: Kennisgewing vir Nominasies van 11 – 17 Julie 2019.

Woensdag, 10 Julie:

  • Akademiese uur: graad 12 (Sleutel 1), 14H15 -15H00.
  • VLR-vergadering, 15H00, K1.
  • PN-Raad verkiesing: Kennisgewing vir Nominasies van 11 – 17 Julie 2019

Donderdag, 11 Julie:

  • PN-Raad verkiesing: nominasie proses begin.
  • PN-Raad: Rhino Connect-projek begin.
  • Fotografie klub vergadering, 14H00, K 74.
  • Akademiese uur: graad 12 (Sleutel 2), 14H15 -15H00.
  • Sagtebal: Tellinghouers en Skeidsregters opleiding, 14H30 – 20H00.
  • Akademie vir Leierskap, 18H00, personeelkamer.

Vrydag, 12 Julie:

  • PN-Raad verkiesing: nominasie proses.
  • PN-Raad vergadering, 14H15, K 19.
  • Skole Landloop Liga 1, 14H30, Centurion
  • Tennis: Seuns 1ste v/s Zwartkop, 14H30, weg.
  • Tennis: Seuns 2de span v/s Southdowns, 14H30, weg.

Saterdag, 13 Julie:

  • Rugby: Stadsbeker semi-finaal, 09H00, Overkruin.
  • Sagtebal: All Day Rally, 09H00, PNHS.
  • Fisiese Wetenskap: Water kompetisie, 11H00, NG Kerk Onderstepoort.
  • Revue oefening: 11H00 – 18H00, skoolsaal.

Aflaai aanhangsel

Terug