Omsendbrief 21/2019

Omsendbrief 21/2019

Administratief
June 10, 2019


Geagte ouers
Wintersport
Rugby: Virseker Beker vir Groot Skole: Liga 5: PNHS v/s CR Swart, 7 Junie 2019, weg
  PN CRS PN CRS PN CRS PN CRS PN CRS
  0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Rugby     82 0 41 12 52 5 56 0
Uitslae tot dusver                    
Gewen 4 - 3 - 1 - 5 - 3 -
Verloor 1 - 1 - 4 - 0 - 2 -
Gelyk 0 - 1 - 0 - 0 - 0 -

Spelers van die wedstryd v/s Midstream College:

  • 0/14 = Dehan Smit
  • 0/15 = Ruben Botha
  • 0/16 = Jarred Enslin
  • 2de = Jan Jones
  • 1ste = Herco Heystek

Speler van die week: Jan Jones

Krieket (Vriendskaplik): PNHS v/s Curro: 8 Junie 2019, tuis
  • Wedstryd 1: 50 beurt oggendwedstryd: PNHS 162 en Curro 158. PNHS wen met 4 lopies. Goeie kolfwerk: Neil Viljoen 39 nun van 13 balle (brons kolfie), Andrew Durdle 35 nun 24 balle (brons kolfie. Goeie boulwerk: Nathan du Preez 4 paaltjies vir 8 lopies in 3 beurte.
  • Wedstryd 2: T 20 middagwedstryd: PNHS 164 en Curro 162. PNHS wen met 2 lopies. Goeie kolfwerk: Jarrod Davis 36 nun van 28 balle (brons kolfie), Jan Jones 35 van 33 balle (brons kolfie) en Tristan Cloete 30 nun van 9 balle (brons kolfie). Goeie boulwerk: Rhulani Maluleka met 2 paaltjies vir 19 lopies in 2 beurte.
Landloop: Inter-Provinsiale Kampioenskappe, 1 Junie 2019, Middelburg

Baie geluk aan ons atlete wat baie mooi presteer: Abigail Grobler (9de), Megan Kilfoil (11de), Natasha Sikisi (12de), Chantal van Aardt (13de), Marcolaine Kirch (20ste), Izelle Ehlers (21ste), Dylan Mcmaster (22ste), Joelien Greyling (24ste), Carla Bronkhorst (29ste), Xander Bronkhorst (31ste) en Carel Greyling (45ste).

Aktiwiteite buite skool verband
  • Baie geluk aan Caylen Laine-Breytenbach wat in akrobatiese gymanstiek wat gedurende die klub kampioenskappe vir Gauteng-Noord kwalifiseer en vir haar provinsie aan die Interprovinsiale Kampioenskappe gaan deelneem.
  • Baie geluk aan Gerard van der Merwe wat aangewys is as Junior Victor Ludorum tydens die Munt Hengelklub se klub kampioenskappe.
  • Baie geluk aan Anika Scheepers en Michaela van Rooyen wat aan die Dans Wêreld Kampioenskappe in Kroasië deelgeneem het. Hulle verower ‘n 2de, 3de, 4de, 5de en 7de plek in die groep-danse. Anika Scheepers verower ook ‘n 12de plek in ballet. Meer as 7000 dansers uit 23 lande het hier deelgeneem.
Graad 8 inskrywings 2020.

Na indringende gesprekke tussen die Hoof van die Gauteng Onderwys Departement en FEDSAS op Vrydag, 10 Mei 2019 is die aanlyn registrasie proses uitgestel tot Maandag, 20 Mei 2019.

Indien u ‘n kind in graad 7 het of iemand ken wat ‘n kind in graad 7 het neem asseblief kennis van hierdie belangrike kennisgewing.

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys die amptelike datums vir inskrywing vir 2020 uitgestel het. Graad 8 inskrywings vir 2020 sal amptelik open op Maandag, 20 Mei 2019 om 08H00 en sluit op Maandag, 22 Julie 2019 om middernag. Enige aansoek na 22 Julie 2019 word geag as ʼn “laat aansoek” en sal deur die distrikte geplaas waar hulle spasie kan vind.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U doen aansoek by www.gdeadmissions.gov.za en sal ʼn toelatingsnommer ontvang. Leerders word streng volgens die volgorde van hierdie toelatingsnommers geplaas. Hierna moet die ouer binne ʼn week inskrywingsdokumente by die skool van keuse inhandig om die aanlynaansoek te bevestig, anders verval die aanlynaansoek. Geliewe te let dat hoe vinniger hierdie dokumente ingehandig word, hoe vinniger kan ons administratiewe personeel die dokumentasie op die stelsel bevestig.

Neem asseblief kennis dat H/S Pretoria-Noord oor die afgelope paar jaar ʼn geweldige toename in die aanvraag na plek by die skool beleef. Verlede jaar was die skool reeds vol 29 minute nadat inskrywings geopen het. Die skool het hierdie jaar sy kapasiteit bereik met oor ʼn duisend leerders en der halwe sal ons vir 2020 slegs 200 graad 8 leerders kan aanvaar. Ons wil u daarom sterk aanbeveel om so vinnig as moontlik aansoek te doen om u plek te verseker indien H/S Pretoria-Noord u skool van keuse is.

Maak seker dat u die volgende dokumentasie saam met u inskrywingsvorms inhandig:

  • Geboortesertifikaat van leerder

  • Bewys van u fisiese woonadres (water en ligterekening)

  • Laaste laerskoolrapport van u kind

  • Afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Enige verdere navrae kan gerig word by 012 546 6950 of by [email protected] .

Baie sterkte met die inskrywingsproses.

Beheerliggaam: Konsep Toelatingsbeleid

Neem kennis dat die nuwe Beheerliggaam ‘n nuwe Toelatingsbeleid moes opstel in opdrag van die GDO. Hierdie konsep-toelatingsbeleid is beskikbaar op ons webwerf vir u insae. U is welkom om u insette te gee aan die Voorsitter van die Beheerliggaam by [email protected]. Die sperdatum vir terugvoer is Maandag, 17 Junie 2019.

Akademie Skakeling: Sport sielkundige: Dr. Garrath Rosslee, PNHS, 17 Julie 2019, PNHS

Neem kennis dat hierdie gesogte spreker in sport sielkunde op Woensdag, 17 Julie om 08H00 by H/S Pretoria-Noord in die saal gaan optree. Ons nooi al ons sport leerders en hul ouers uit om gratis na hom te kom luister. Sy boek sal ook na die optrede te koop wees.

Program vir die week

Maandag, 10 Junie:

  • Eksamen graad 8 – 12.

Dinsdag, 11 Junie:

  • Eksamen graad 8 – 12.
  • Graad 10 veldskool vertrek om 10H00.

Woensdag, 12 Junie:

  • Eksamen graad 8 – 12.
  • Rugby: Liga 6 v/s H/S Tuine, 15H00, tuis.

Donderdag, 13 Junie:

  • Eksamen graad 8 – 12.
  • Beheerliggaam: Finansiele Komitee vergadering, 17H15, Konferensiekamer.
  • Beheerliggaam: Uitvoerende Komitee vergadering, 19H00, Konferensiekamer.

Vrydag, 14 Junie:

  • Eksamen graad 8 – 12.
  • Graad 10: Veldskool terug om plus minus 11H00.
  • Skool sluit, 11H00. Program: Saal & Voog 07H20 – 09H15, Pouse: 09H15 – 09H35 en Eksamen: 09H40 – 10H55.

Aflaai aanhangsel

Terug