Omsendbrief 18/2019

Omsendbrief 18/2019

Administratief
May 20, 2019


Geagte ouers
Lief en Leed

Dit is met hartseer dat ons mev Gerber by Lewensorientering se bedanking ontvang het met ingang van 30 Junie 2019. Haar man het ‘n pos in Abodabe in die Arabiese Emerate aanvaar.

Wintersport
Wintersport: Hokkie Pretoria Stadsbeker vir Groot Skole: Liga 2: PNHS v/s H/S Centurion, 13 Mei 2019, weg
  PN Cen PN Cen PN   PN Cen    
Hokkie 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B 2de 2de    
Dogters 0 0 2 0     2 1    
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 1 1 - 0 - 2      
Verloor 1 - 1 - 1 - 0      
Gelyk 1 - 0 - 0 - 1      
Wintersport: Hokkie Pretoria Stadsbeker vir Groot Skole: Liga 5: PNHS v/s Hatfield Christian School, 18 Mei 2019, weg
  PN HCS PN HCS PN HCS PN HCS PN HCS
Hokkie 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 1 1 2 0 3 1 3 0 0 1
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 4 - 2 - 1 - 0 -
Verloor 3 - 0 - 0 - 0 - 4 -
Gelyk 1 - 0 - 2 - 1 - 0 -
  PN   PN HCS PN Suth        
Hokkie 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B        
Dogters     0 2            
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 1 - 0 -        
Verloor 1 - 2 - 1 -        
Gelyk 1 - 0 - 0 -        
Seuns Hokkie: Liga 3
  PNHS1 PNHS2 PNHS2 PNHS1            
Hokkie 1ste 1ste 2de 1ste            
Seuns 6 0 0 6            
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 1 -            
Verloor 0 - 2 -            
Gelyk 0 - 0 -            
Netbal: Diamand Liga: Liga 5: PNHS v/s Sutherland, 13 Mei 2019, tuis
  PN Suth PN Suth PN Suth PN Suth PN Suth
Netbal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/17A 0/17A 1ste 1ste
Dogters 28 2 25 3 26 18 7 21 2 24
Uitslae tot dusver                    
Gewen 4 - 3 - 2 - 2 - 1 -
Verloor 1 - 2 - 3 - 3 - 3 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 1 -
  PN Suth PN Suth PN Suth        
Netbal 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B        
Dogters 17 10 19 7 17 7        
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 2 - 2 -        
Verloor 3 - 3 - 3 -        
Gelyk 0 - 0 - 0 -        
  PN Suth PN Suth            
Netbal 0/14C 0/14C 0/15C 0/15C            
Dogters 17 11 41 2            
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 4 -            
Verloor 2 - 1 -            
Gelyk 0 - 0 -            
Netbal: Diamand Liga: Liga 6: PNHS v/s Prestige College, 17 Mei 2019, tuis
  PN PC PN PC PN PC PN PC PN PC
Netbal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/17A 0/17A 1ste 1ste
Dogters 23 24 16 35 27 20 9 20 19 24
Uitslae tot dusver                    
Gewen 4 - 3 - 3 - 2 - 1 -
Verloor 2 - 3 - 3 - 4 - 4 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 1 -
  PN PC PN PC PN PC        
Netbal 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B        
Dogters 16 17 16 12 18 9        
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 3 - 3 -        
Verloor 4 - 3 - 3 -        
Gelyk 0 - 0 - 0 -        
  PN PC PN PC            
Netbal 0/14C 0/14C 0/15C 0/15C            
Dogters 19 8 26 8            
Uitslae tot dusver                    
Gewen 4 - 5 -            
Verloor 2 - 1 -            
Gelyk 0 - 0 -            
Rugby: Virseker Beker vir Groot Skole: Liga 2: PNHS v/s Wonderboom, 17 Mei 2019, weg
  PN Won PN Won PN Won PN Won PN Won
  0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Rugby 41 0 8 22 3 22 50 0 24 10
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 1 - 0 - 2 - 1 -
Verloor 1 - 1 - 2 - 0 - 1 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
  PN Won PN Ov PN Ov PN Ov PN Ov
  0/14B 0/14B                
Rugby 48 0                
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -

Spelers van die wedstryd v/s Overkruin:

  • 0/14 = Franco Cohen
  • 0/15 = Ruan Ball
  • 0/16 = Wihan Snyman
  • 2de = Jayden Storbeck
  • 1ste = Johan Lubbe

Baie geluk aan die volgende spelers wat deurgedring het na die volgende rondte van die Blou Bul Craven-week proewe:

Arie Dekker, Johan Lubbe, Karabetswe Mpete en Uvian van der Colff

Tennis

10 Mei:

PNHS Seuns 1ste v/s Sutherland High 1 tuis. PNHS wen met 39 potte teenoor 28. Geluk aan Arno van den Heever (8-3) en André de Jager (7-4), wat hulle wedstryde wen. Dit was ons Seuns 1ste span se tweede ligawedstryd, waarvan hulle beide wen.

14 Mei:

PNHS Dogters 0/15 A v/s AHMP, weg. PNHS verloor met 25 potte teenoor 42. Geluk aan Anke Stoltz (8-3) wat haar wedstryd wen. Dit was ons dogters 0/15 se vierde ligawedstryd, waarvan hulle een wen en drie verloor.

16 Mei:

PNHS Seuns 0/15 A v/s Woodhill 0/15A, tuis. PNHS wen met 38 potte teenoor 29. Geluk aan: Owen Kuhn (9-2), Ryan Cilliers (6-5) en Charl Botes (10-1) wat hulle wedstryde wen. Dit was ons seuns 0/15 se tweede ligawedstryd, waarvan hulle beide wen.

Landloop
Gauteng Noord Klub Liga 3: 4 Mei 2019, H/S Uitsig

Dogters

Kaylee Jordaan (8ste), Carla Smith (8ste), Abigail Grobler (9de), Carla Bronkhorst (10de), Chantal van Aardt (11de), Natasha Sikisi (12de), Megan Kilfoil (13de), Izelle Ehlers (13de), Marcolaine Kirsch (18de), Saentoné Louw (22ste) en Joelien Greyling (24ste).

Seuns

Willie van Rooyen (14de), Dylan McMaster (18de), Xander Bronkhorst (19de), Henrico Grobler (36ste) en Nathan Grobler (42ste).

Kultuur: Radikale Redenaars, 13 Mei 2019

Baie dankie aan almal wat deelgeneem het en baie geluk aan die volgende wenners:

90%+:

Anneri Basson, Jansie Lindeque, Maruché Smith, Louné Scholtz en Anri Louw.

85% - 89%:

Gerco Snyman, Francois Coetzee, Cisca Botha, Lize Britz (Afr en Eng), Anouk Janse van Rensburg, Chrisna Snyman en Kayla Sharpe.

80% - 84%:

Marné Driescher, Shanty Ehlers, Carindie Venter, Elleni Triffyllis, Lersihia Coetzee, Jandré Malan, Richardt Oliver, Kayla Roets, Hesmari Scholtz, Shany Ehlers, Stefan Hennop.

74%-79%:

Janeco Coetzee en Xavier Barnard.

Kultuur: Eistedfodd

Maruché Smith neem die afgelope maand aan die Pretoria Eistedfodd deel en vaar uitstekend. Sy is uitgenooi om twee liedere te sing by die prysuitdelingsfunksie en ontvang ook die volgende trofee tydens die funksie: Beste Kunslied, Beste Suid-Afrikaanse Komposisie, Beste Deelnemer Meisies en Beste Graad 8 – 10 Deelnemer.

Gedrag: Waarde gedrewe leerders:

Geluk aan die volgende leerders wat waardebalkies ontvang:

Graad 8:

Leander Esterhuizen (Lojaliteit), Ludwig Erasmus (Lojaliteit), Jonathan Lubbe (Lojaliteit) en Cathleen Botes (Verantwoordelikheid).

Graad 9:

Kayla Roets (Lojaliteit), Stefni Enslin (Respek en Verantwoordelikheid), Maruché Smith (Lojaliteit) en Danica Grobler (Lojaliteit).

Graad 8 inskrywings 2020.

Na indringende gesprekke tussen die Hoof van die Gauteng Onderwys Departement en FEDSAS op Vrydag, 10 Mei 2019 is die aanlyn registrasie proses uitgestel tot Maandag, 20 Mei 2019.

Indien u ‘n kind in graad 7 het of iemand ken wat ‘n kind in graad 7 het neem asseblief kennis van hierdie belangrike kennisgewing.

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys die amptelike datums vir inskrywing vir 2020 uitgestel het. Graad 8 inskrywings vir 2020 sal amptelik open op Maandag, 20 Mei 2019 om 08H00 en sluit op Maandag, 22 Julie 2019 om middernag. Enige aansoek na 22 Julie 2019 word geag as ʼn “laat aansoek” en sal deur die distrikte geplaas waar hulle spasie kan vind.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U doen aansoek by www.gdeadmissions.gov.za en sal ʼn toelatingsnommer ontvang. Leerders word streng volgens die volgorde van hierdie toelatingsnommers geplaas. Hierna moet die ouer binne ʼn week inskrywingsdokumente by die skool van keuse inhandig om die aanlynaansoek te bevestig, anders verval die aanlynaansoek. Geliewe te let dat hoe vinniger hierdie dokumente ingehandig word, hoe vinniger kan ons administratiewe personeel die dokumentasie op die stelsel bevestig.

Neem asseblief kennis dat H/S Pretoria-Noord oor die afgelope paar jaar ʼn geweldige toename in die aanvraag na plek by die skool beleef. Verlede jaar was die skool reeds vol 29 minute nadat inskrywings geopen het. Die skool het hierdie jaar sy kapasiteit bereik met oor ʼn duisend leerders en der halwe sal ons vir 2020 slegs 200 graad 8 leerders kan aanvaar. Ons wil u daarom sterk aanbeveel om so vinnig as moontlik aansoek te doen om u plek te verseker indien H/S Pretoria-Noord u skool van keuse is.

Ten einde die proses vir ons werkende ouers te vergemaklik sal ons navrae toonbank ook na ure oop wees vanaf 08H00 – 19h00 vir die inhandiging van inskrywingsvorms of hulp met aanlynaansoeke vanaf Maandag 20 Mei 2019 tot Donderdag 23 Mei 2019. U is egter welkom om op enige ander dag vanaf 13 Mei 2019 – 15 Julie 2019 gedurende skoolure (vanaf 06h30 tot 15h00) u inskrywing af te handel.

Maak seker dat u die volgende dokumentasie saam met u inskrywingsvorms inhandig:

  • Geboortesertifikaat van leerder

  • Bewys van u fisiese woonadres (water en ligterekening)

  • Laaste laerskoolrapport van u kind

  • Afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Enige verdere navrae kan gerig word by 012 546 6950 of by [email protected] .

Baie sterkte met die inskrywingsproses.

Program vir die week

Maandag, 20 Mei:

  • Eksamen graad 10 – 12 begin.
  • Hokkie: A spanne astro-oefening, 15H00 – 18H00, TUT.
  • Hokkie: B-spanne: Liga v/s Centurion, 15H00, tuis.

Dinsdag, 21 Mei:

  • Eksamen graad 10 – 12.

Woensdag, 22 Mei:

  • Eksamen graad 10 – 12.
  • Seuns Hokkie: Liga 4: PNHS 1 v/s Gerrit Maritz 1, 15H00, weg.
  • Seuns Hokkie: Liga 4: PNHS 2 v/s Langenhoven 1, 15H00, weg.
  • Netbal: Diamond Liga 7: PNHS v/s Cornwall Hill College, 15H00, tuis.

Donderdag, 23 Mei:

  • Eksamen graad 10 – 12.
  • Tennis: Seuns 0/15 v/s Afrikaans Hoër Seuns, 14H30, weg.
  • Gasvryheidstudies: Graad 12 restaurantaand, 18H00, restaurant.
  • Akademie Skakelingsvergadering, Alle Voorsitters van Akademies en Organiseerders, 18H00, personeelkamer.

Vrydag, 24 Mei:

  • Eksamen graad 10 – 12.
  • Netbal: Diamond Liga 8: PNHS v/s Wonderboom, 15H00, tuis.
  • Rugby: Stadsbeker Liga 3: PNHS v/s HTS John Vorster, 15H00, weg.
  • Tennis: PNHS Seuns 1 v/s Hatfield Christian School, 14H30, Pretoria-Noord Klub.
  • Tennis: PNHS Seuns 2 v/s Tuine, 14H30, Pretoria-Noord Klub.

Aflaai aanhangsel

Terug