Omsendbrief 16/2019

Omsendbrief 16/2019

Administratief
May 06, 2019


Geagte ouers
Lief en Leed
  • Ons neem op 30 April 2019 afskeid van Mej. M Muller wat ‘n pos by H/S Zwartkop aanvaar het.
  • Ons neem op 30 April 2019 afskeid van Mev. L Bothma wat tydelik teen ons Departementshoof Rekeningkunde pos waargeneem het, sy het ‘n pos by Rietondale Primary aanvaar.
  • Ons verwelkom Mnr. L van Niekerk op 6 Mei 2019 as ons nuwe Fasiliteitsbestuurder. Hy neem die taak oor by Mnr. W Engelbrecht, wat voortaan weer net as Jeugwerker by H/S Pretoria-Noord sal funksioneer.
Wintersport
Wintersport: Hokkie Pretoria Stadsbeker vir Groot Skole: Liga 3: PNHS v/s H/S Centurion, 3 Mei 2019, TUT
  PN Cen PN Cen PN Cen PN Cen PN Cen
Hokkie 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 1 2 4 2 4 0     0 2
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 3 - 2 - 0 - 0 -
Verloor 2 - 0 - 0 - 0 - 3 -
Gelyk 0 - 0 - 1 - 1 - 0 -
Tennis

23 April

PNHS Dogters 0/15 A v/s H/S Wonderboom, tuis. PNHS verloor met 19 potte teenoor 48. Geluk aan Lenushke van Niekerk (10-1) wat haar wedstryd wen. Dit was ons dogters 0/15 se tweede ligawedstryd, waarvan hulle een wen en een verloor.

26 April

PNHS Seuns 1ste v/s The Glen 1 weg. PNHS wen met 49 potte teenoor 18. Geluk aan Elkan van Wyk (10-1), Derek J v Rensburg (7-4), JJ van Coller (9-2) en JP de Villiers (9-2) wat almal hulle wedstryde wen. Dit was ons Seuns 1ste span se eerste ligawedstryd.

Kultuur: Koor optrede in KYKNET se Sing in Harmonie kompetisie, 5 Mei 2019, Gold Reef City

Baie geluk aan ons koor met ‘n uitstekende optrede, hulle ontvang uitstekende repliek, maar kon ongelukkig nie deurdring na die finaal nie. Hou KYKNET dop vir die uitsending.

Graad 8 inskrywings 2020.

Indien u ‘n kind in graad 7 het of iemand ken wat ‘n kind in graad 7 het neem asseblief kennis van hierdie belangrike kennisgewing. Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys die amptelike datums vir inskrywing vir 2020 vrygestel het. Graad 8 inskrywings vir 2020 sal amptelik open op Maandag, 13 Mei 2019 om 08H00 en sluit op Maandag, 15 Julie 2019 om middernag. Enige aansoek na 15 Julie 2019 word geag as ʼn “laat aansoek” en sal deur die distrikte geplaas waar hulle spasie kan vind.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U doen aansoek by www.gdeadmissions.gov.za en sal ʼn toelatingsnommer ontvang. Leerders word streng volgens die volgorde van hierdie toelatingsnommers geplaas. Hierna moet die ouer binne ʼn week inskrywingsdokumente by die skool van keuse inhandig om die aanlynaansoek te bevestig, anders verval die aanlynaansoek. Geliewe te let dat hoe vinniger hierdie dokumente ingehandig word, hoe vinniger kan ons administratiewe personeel die dokumentasie op die stelsel bevestig.

Neem asseblief kennis dat H/S Pretoria-Noord oor die afgelope paar jaar ʼn geweldige toename in die aanvraag na plek by die skool beleef. Verlede jaar was die skool reeds vol 29 minute nadat inskrywings geopen het. Die skool het hierdie jaar sy kapasiteit bereik met oor ʼn duisend leerders en der halwe sal ons vir 2020 slegs 200 graad 8 leerders kan aanvaar. Ons wil u daarom sterk aanbeveel om so vinnig as moontlik aansoek te doen om u plek te verseker indien H/S Pretoria-Noord u skool van keuse is.

Ten einde die proses vir ons werkende ouers te vergemaklik sal ons navrae toonbank ook na ure oop wees vanaf 08H00 – 19h00 vir die inhandiging van inskrywingsvorms of hulp met aanlynaansoeke vanaf Maandag 13 Mei 2019 tot Donderdag 16 Mei 2019. U is egter welkom om op enige ander dag vanaf 13 Mei 2019 – 15 Julie 2019 gedurende skoolure (vanaf 06h30 tot 15h00) u inskrywing af te handel.

Maak seker dat u die volgende dokumentasie saam met u inskrywingsvorms inhandig:

  • Geboortesertifikaat van leerder
  • Bewys van u fisiese woonadres (water en ligterekening)
  • Laaste laerskoolrapport van u kind
  • Afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Enige verdere navrae kan gerig word by 012 546 6950 of by [email protected]. Baie sterkte met die inskrywingsproses.

Karnaval 3 Mei 2019

Dankie vir elke kind en ouer se bydra om weer van Karnaval 2019 ‘n reuse sukses te maak. Sodra ons rekonsiliasie voltooi is sal ons verdere inligting rondom die wins deurgee.

Program vir die week

Maandag, 6 Mei:

  • Moedersdagmark 09H00 – 19H00
  • Netbal: Diamond reeks Liga 3: PNHS v/s Midstream College, !5H00 weg. Busse vertrek om 13H00.
  • Hokkie: A spanne astro-oefening, 15H00 – 18H00, TUT.

Dinsdag, 7 Mei:

  • Moedersdagmark 09H00 – 19H00
  • Geen Toetse
  • Akademiese uur, Graad 12 Sleutel 2, 14H15 – 15H15.
  • Hokkie: Seuns, Liga 3: PNHS 1 v/s Gerrit Maritz 1, 14H30, tuis.
  • Hokkie: Seuns Liga 1: PNHS 2 v/s Silverton 1, 15H00, weg.
  • Tennis: Dogters 0/15 v/s Deutsche Schule, 14H30, Pretoria-Noord klub.

Woensdag, 8 Mei:

  • Vakansiedag: Stemdag.
  • Moedersdagmark 09H00 – 19H00

Donderdag, 9 Mei:

  • Toetsdag
  • Graad 11 leerders besoek UNISA. Bus vertrek om 08H00.
  • Akademiese uur, Graad 12 Sleutel 3, 14H15 – 15H15.
  • Fotografieklub vergadering, 14H15 – 15H00, K 74.
  • Tennis: Seuns 0/15 v/s Zwartkop, 14H30, weg.
  • Gasvryheidstudies: Graad 12 restaurantaand, 18H00, restaurant.
  • Moedersdagmark 09H00 – 19H00

Vrydag, 10 Mei:

  • Rugby: Stadsbeker Liga 1: PNHS v/s Overkruin, 15H00, tuis.
  • Rugby: Stadsbeker Liga 1 en Proewe: PNHS 1 v/s Overkruin 1, 15H30, HTS John Vorster.
  • Hokkie: Stadsbeker Liga 4 v/s CURRO, 15H00, weg. Busse vertrek om 13H30.
  • Netbal: Diamond Liga 4: PNHS v/s Overkruin, 14H30, weg. Busse vertrek om 13H45.
  • Moedersdagmark: 09H00 – 15H30.
  • Tennis: PNHS Seuns 1 v/s Sutherland 1, 14H30, Pretoria-Noord klub.
  • Tennis: PNHS Seuns 2 v/s Crawford College, 14H30, Pretoria-Noord klub.
  • Moedersdagmark: 17H00 – 22H00.

Saterdag, 11 Mei:

  • Moedersdagmark, 09H00 – 15H00.

Aflaai aanhangsel

Terug