Omsendbrief 15/2019

Omsendbrief 15/2019

Administratief
April 29, 2019


Geagte ouers
Wintersport
Netbal: Diamand Liga: Liga 1: PNHS v/s Montana, 24 April 2019, weg
  PN Mon PN Mon PN Mon PN Mon PN Mon
Netbal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/17A 0/17A 1ste 1ste
Dogters 7 44 9 27 13 16 8 29 27 35
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 1 - 1 - 1 - 1 - 1 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
  PN Mon PN Mon PN Mon        
Netbal 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B        
Dogters 3 20 8 21 8 17        
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 0 - 0 -        
Verloor 1 - 1 - 1 -        
Gelyk 0 - 0 - 0 -        
  PN Mon PN Mon            
Netbal 0/14C 0/14C 0/15B 0/15B            
Dogters 8 25 11 9            
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 1 -            
Verloor 1 - 0 -            
Gelyk 0 - 0 -            
Netbal: Diamand Liga: Liga 2: PNHS v/s Centurion, 26 April 2019, weg
  PN Cen PN Cen PN Cen PN Cen PN Cen
Netbal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/17A 0/17A 1ste 1ste
Dogters 17 15 17 12 12 24 5 18 15 28
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 1 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 1 - 1 - 2 - 2 - 2 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
  PN Cen PN Cen PN Cen        
Netbal 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B        
Dogters 16 15 17 15 9 14        
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 1 - 0 -        
Verloor 1 - 1 - 2 -        
Gelyk 0 - 0 - 0 -        
  PN Cen PN Cen            
Netbal 0/14C 0/14C 0/15B 0/15B            
Dogters 8 5 15 19            
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 1 -            
Verloor 1 - 1 -            
Gelyk 0 - 0 -            
Seuns Hokkie: Liga 1
  PN Lang PN Ak            
Hokkie 1ste 1ste 2de 1ste            
Seuns 12 0 0 6            
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 0 -            
Verloor 0 - 1 -            
Gelyk 0 - 0 -            
Kultuur
ATKV Redenaars

Baie geluk aan die volgende wenners:

Graad 8: Harry van Staden (1ste), Jaydon Gordon / Jemma Els / Ulrich Gouws (2de), Sebastian van

As / Nantes Niemand (3de)

Graad 9: Monika Vos (1ste), Illana Ehlers (2de), Lourens du Plessis (3de)

Graad 10: Anri Louw / Carla Snyman (1ste), Alexa Farrel (2de), Elkan van Wyk (3de)

Graad 11: Lize Britz (1ste), Tasha Marais (2de), Shelieze van Deventer (3de)

Graad 12: Anneri Basson (1ste), Leanne Oberholzer (2de), Suné Duursema (3de)

Algehele wenners: Anneri Basson (1ste), Mnr Jacobs (2de), Lize Britz (3de)

Akademie: Top 10 Kwartaal 1.

Geluk aan die volgende top presteerders in die skool:

Graad 8 Graad 9
1. Jemma Els (91,1%) 1. Hesmari Scholtz (93,8%)
2. Carel Greyling (87,6%) 2. Xander Bronkhorst (90,9%)
3. Anouk J v Rensburg (87,2%) 3. Monika Vos (89,4%)
4. Marco J v Rensburg (87,0%) 4. Jorja van Niekerk (88,9%)
5. Kayla Jacobs (86,6%) 5. Geneveve Cronje (88,3%)
6. Eleni Trifyllis (86,6%) 6. Ilana Ehlers (87,8%)
7. Jade Kuhn (85,3%) 7. Anke Stoltz (87,3%)
8. Zane de Lange (85,3%) 8. Kaitlin van Lille (87,2%)
9. Nantes Niemand (84,8%) 9. Janeco Coetzee (86,8%)
10. Sunelle Naude (84,2%) 10. Danell Beyleveld (86,4%)
Graad 10 Graad 11 Graad 12
1. Alexa Farrel (88,4%) 1. Marco Botha (93,3%) 1. Dawid Wannenburg (91,7%)
2. Lindie Horn (86,0%) 2. Lize Britz (90,6%) 2. Anneri Basson (90,9%)
3. Derik J v Rensburg (85,4%) 3. Rico Nel (89,9%) 3. Mari Grobbelaar (89,7%)
4. Ester Bothma (82,7%) 4. Dylan McMaster (89,6%) 4. Kristin Smith (87,6%)
5. Alisha Wilkens (82,3%) 5. Renata de Beer (88,3%) 5. Herco Heystek (85,9%)
6. Carla Taljaard (81,1%) 6. Carla Bronkhorst (86,9%) 6. Megan Hughes (85,3%)
7. Anri Louw (80,7%) 7. Louné Scholtz (86,7%) 6. Janis v d Rijst (85,3%)
8. Leandri Grobbelaar (80,6%) 8. Carla Smith (85,6%) 8. Wanica Erasmus (85,1%)
9. Marizet Human (80,1%) 9. Karla Vos (85,4%) 9. Melisha Uys (85,1%)
10. Joelien Greyling (79,6%) 10. Chené van Deventer (85%) 10. Eben Wentzel (84,9%)
Graad 8 inskrywings 2020.

Indien u ‘n kind in graad 7 het of iemand ken wat ‘n kind in graad 7 het neem asseblief kennis van hierdie belangrike kennisgewing.

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys die amptelike datums vir inskrywing vir 2020 vrygestel het. Graad 8 inskrywings vir 2020 sal amptelik open op Maandag, 13 Mei 2019 om 08H00 en sluit op Maandag, 15 Julie 2019 om middernag. Enige aansoek na 15 Julie 2019 word geag as ʼn “laat aansoek” en sal deur die distrikte geplaas waar hulle spasie kan vind.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U doen aansoek by www.gdeadmissions.gov.za en sal ʼn toelatingsnommer ontvang. Leerders word streng volgens die volgorde van hierdie toelatingsnommers geplaas. Hierna moet die ouer binne ʼn week inskrywingsdokumente by die skool van keuse inhandig om die aanlynaansoek te bevestig, anders verval die aanlynaansoek. Geliewe te let dat hoe vinniger hierdie dokumente ingehandig word, hoe vinniger kan ons administratiewe personeel die dokumentasie op die stelsel bevestig.

Neem asseblief kennis dat H/S Pretoria-Noord oor die afgelope paar jaar ʼn geweldige toename in die aanvraag na plek by die skool beleef. Verlede jaar was die skool reeds vol 29 minute nadat inskrywings geopen het. Die skool het hierdie jaar sy kapasiteit bereik met oor ʼn duisend leerders en der halwe sal ons vir 2020 slegs 200 graad 8 leerders kan aanvaar. Ons wil u daarom sterk aanbeveel om so vinnig as moontlik aansoek te doen om u plek te verseker indien H/S Pretoria-Noord u skool van keuse is.

Ten einde die proses vir ons werkende ouers te vergemaklik sal ons navrae toonbank ook na ure oop wees vanaf 08H00 – 19h00 vir die inhandiging van inskrywingsvorms of hulp met aanlynaansoeke vanaf Maandag 13 Mei 2019 tot Donderdag 16 Mei 2019. U is egter welkom om op enige ander dag vanaf 13 Mei 2019 – 15 Julie 2019 gedurende skoolure (vanaf 06h30 tot 15h00) u inskrywing af te handel.

Maak seker dat u die volgende dokumentasie saam met u inskrywingsvorms inhandig:

  • Geboortesertifikaat van leerder

  • Bewys van u fisiese woonadres (water en ligterekening)

  • Laaste laerskoolrapport van u kind

  • Afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Enige verdere navrae kan gerig word by 012 546 6950 of by [email protected] .

Baie sterkte met die inskrywingsproses.

Karnaval 3 Mei 2019

Soos u weet is ons Karnaval jaarliks ‘n hoogtepunt op ons kalender. Hierdie jaar is geen uitsondering nie en beloof om selfs verlede jaar se rekordgetalle te oortref.

  • Ons gaskunstenaars hierdie jaar is: Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Dewald Wasserfall en Monique Steyn. Om hierdie kunstenaars almal op een aand op ‘n verhoog te hê is ‘n belewenis wat nie gemis kan word nie. Kaartjies vir hierdie konsert is reeds vrygestel en kos slegs R 100-00 per kaartjie.
  • Daar sal weer ‘n mallemeule wees met spesiale pakette vir Vrydagmiddag en Vrydagaand. Hierdie pakette is by die skool beskikbaar. Pakette vir Vrydag 10H00 – 14H00 is beskikbaar teen R 200-00 en vir Vrydagaand van 17H00 – 22H00 is beskikbaar teen R 250-00.
  • Ons kompetisieboekies is ook vrygestel. Kaartjies kos R 10-00 elk en reuse pryse kan gewen word met die trekking tydens die konsert: 1ste prys R 4000-00, 2de prys R 2500-00, 3de prys R 2000-00, 4de prys R 1000-00 en 5de prys 500-00.
  • Stalletjies vir verkope is ook beskikbaar teen R 1000-00 per stalletjie vir Vrydag. Belangstellendes kan skakel met Mev. A Pieterse by 012 546 6590 of per e-pos by: [email protected] Ons wil weereens ‘n beroep op u as ouers doen om ons te ondersteun om weer ‘n reuse sukses van hierdie jaar se Karnaval te maak.
  • Verkope van kaartjies en boekies inbetalings sluit om 08H00 vir pryse. Alle kaartjies of boekies nie verkoop nie terug by voogonderwysers anders sal dit as verkoop beskou word.
Program vir die week

Maandag, 29 April:

  • Moedersdagmark 09H00 – 19H00

Dinsdag, 30 April:

  • Toetsdag
  • Hokkie Seuns, Liga 2: PNHS 2 v/s Silverton 1, 14H30, weg. Vertrek om 13H00.
  • Moedersdagmark 09H00 – 19H00

Woensdag, 1 Mei:

  • Vakansiedag: Werkersdag.
  • Moedersdagmark 09H00 – 19H00

Donderdag, 2 Mei:

  • Toetsdag
  • Akademiese uur, Graad 12 Sleutel 1, 14H15 – 15H15.
  • Skaak liga 5 v/s Hillview, 14H30, weg.
  • Hokkie A spanne oefen 15H00 – 18H00, TUT.
  • Moedersdagmark 09H00 – 19H00

Vrydag, 3 Mei:

  • Karnavaldag: Groot FM Skool met die Beste Gees: Leerders om 06H15 in voogklasse by die skool. Trek aan volgens klastema. Geen tasse.
  • Karnavaldag: Skool sluit om 10H00 vir leerders.
  • Karnavaldag: Mallemeule Pakket 1: 10H00 – 14H00.
  • Rugby: Stadsbeker Liga 1: PNHS 0/16A v/s John Vorster 14H00, Overkruin. Vertrek om 13H00.
  • Hokkie: Stadsbeker Liga 3 v/s Centurion, 13H00, TUT. Busse vertrek om 12H00.
  • Moedersdagmark: 09H00 – 15H30.
  • Hekke sluit om 15H30, terrein skoon.
  • Hekke open vir Karnaval, 16H15, Toegang slegs met kaartjie.
  • Mallemeule Pakket 2, 17H00 – 22H00.
  • Moedersdagmark: 17H00 – 22H00.
  • Vertoning begin 18H00.

Saterdag, 4 Mei:

  • Moedersdagmark, 09H00 – 15H00.
  • Krieket: Proewe 09H00.

Sondag, 5 Mei:

  • Koor: Sing in Harmonie. Vertrek om 14H00 by PNHS. Stemopname, 16H00, Goldreef City. Optredes begin om 19H00.

Aflaai aanhangsel

Terug