Omsendbrief 10/2019

Omsendbrief 10/2019

Administratief
March 11, 2019


Geagte ouers
Tennis:

6 Maart:

PNHS 2 dogters v/s Zwartkop. PNHS verloor met 14 potte teenoor 53. Dit was ons 2de span se vyfde ligawedstryd. Waarvan hulle 3 wen en 2 verloor.

Wintersport:
PUK 16: Poelwedstryd 3: H/S Stofberg, 9 Maart 2019 (Weg)
  PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof
Hokkie 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 0 3 3 0 3 0 0 0 2 1
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 1 - 1 - 1 - 1 -
Verloor 3 - 1 - 1 - 1 - 2 -
Gelyk 0 - 1 - 1 - 1 - 0 -
  PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof
Hokkie 1ste 1ste ——— ——— ——— ——— ——— ——— ——— ———
Seuns 2 1                
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - - - - - - - - -
Verloor 1 - - - - - - - - -
Gelyk 0 - - - - - - - - -
  PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof
  0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Netbal 18 18 26 14 25 18 9 18 33 17
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 3 - 3 - 2 - 3 -
Verloor 0 - 0 - 0 - 1 - 0 -
Gelyk 1 - 0 - 0 - 0 - 0 -

(Vriendskaplik)

  PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof
  0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B ——— ——— ——— ———
Netbal 19 2 21 11 - - - - - -
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 2 - 1 - - - - -
Verloor 0 - 0 - 0 - - - - -
Gelyk 0 - 0 - 0 - - - - -
  PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof
  0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Rugby 50 14 29 0 0 44 12 7 43 10
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 3 - 0 - 3 - 3 -
Verloor 0 - 0 - 3 - 0 - 0 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -

Geluk aan die volgende Spelers van die Wedstryd v/s H/S Oosterland op 2 Maart:

  NAAM
0/14: Dehan Smith
0/15: Ruben Botha
0/16: Jarred Enslin
2des: Marnus Grobler
1stes: Marnus Basson
Speler van die Week: Marnus Basson
PUK 16: Skaak

PNHS 1 v/s Stofberg 1. PNHS 1 wen met 12 wedstryde teenoor 1. Ons skaakspan het 2 van hulle poelwedstryde gewen en 1 verloor.

Netbal: Proewe

Geluk aan die volgende 0/14 en 0/15 spelers wat aan die distrikproewe deelgeneem het en deur is na die Tshwane rondte, wat gehou sal word op 11 Maart op PNHS se bane:

0/14:

Marang Mothupi, Jasinda de Lange, Angelique Venter, Tarryn Hayes, Megan Hulme en Nelmari Driescher.

0/15:

Chrisna Snyman, Lerischia Coetzee, Hesmari Scholtz, Cayla van der Poel en Monique von Rauenstein.

Sport buite skoolverband
  • Baie geluk aan Janeco Coetzee wat drie goue medaljes, 3 silwer medaljes en een brons medalje verower tydens die Gauteng Lewensredding Kampioenskappe op 2 Maart 2019, hy word ook opgeneem in die Gauteng span wat op 24 – 30 Maart aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gaan deelneem.
  • Baie geluk aan Caelum de la Porte wat ‘n silwer medalje verower op die Gauteng Lewensredding Kampioenskappe op 2 Maart 2019, hy word ook opgeneem in die Gauteng span wat op 24 – 30 Maart aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gaan deelneem.
  • Baie geluk aan Pieter Bos wat opgeneem is in die Gauteng-Noord onder water hokkiespan wat ‘n goue en silwer medalje op die Junior Nasionale Kampioenskappe verower.
Interne Vasvra

Baie geluk aan die volgende wenners:

Graad 8:

Ludwig Erasmus (3de), Jaydon Gordon (2de), Harry van Staden (2de), Sebastian van As (2de) en Ulrich Gouws (1ste).

Graad 9:

Chanté Forbes (3de), Malory Cronjé (3de), Ilana Ehlers (2de) en Michnette du Plessis (1ste).

Graad 10:

Anri Louw (1ste), Nilita Rossouw (2de) en Alexa Farrel (1ste).

Graad 11:

Buju Lock (3de), Alex Coetzee (2de) en Lize Britz (3de).

Graad 12:

Hanneke van Loggerenberg (3de), JJ van Coller (2de) en Hansie Janse van Rensburg (1ste).

Algehele wenners:

JJ van Coller (3de) met 75%, Alexa Farrel (2de), Hansie Janse van Rensburg (2de) beide met 80% en Lize Britz (1ste) met 85%.

Interne Debat Kompetisie

Senior wenners:

Marco Botha en Mari Grobbelaar. Lize Britz en Shelieze van Deventer

Junior Wenners:

Maruché Smith, Chrisna Snyman en Tasha van der Merwe. Kayla Roets, nerise Venter en Jorja van Niekerk.

Fisiese Wetenskap: Interne Water Kompetisie, 8 Maart 2019

Dankie vir die 13 spanne wat deelgeneem het. Geluk aan die volgende wenspanne:

3de met 65 ml teen hulle:

Marco Botha, Reinhardt du Preez en Richardt Oliver.

Gelyk 1ste met 30 ml teen hulle:

Leandri Grobbelaar, Michelle Loock en Wian Snyman. Leanne Oberholzer en Leandri Kleingeld.

Beheerliggaam Tussenverkiesing, 13 Maart 2019

Geagte ouers neem asseblief kennis dat daar drie vakante portefeuljes op die Beheerliggaam is vanweë ouers wie se kinders verlede jaar gematrikuleer het. Die tussenverkiesing om hierdie portefeuljes te vul sal plaasvind op 13 Maart 2019 om 18H00 in die skoolsaal. Indien daar nie ‘n kworum is nie sal die volgende verkiesing plaasvind op 2 April 2019 om 18H00 in die skoolsaal. Nominasies vir hierdie tussenverkiesing kan gedoen word tussen 5 Maart 2019 en 12 Maart 2019 of op die aand van die verkiesing. ‘n Algemene kennisgewing sal uitgaan op Dinsdag, 5 Maart 2019 saam met ‘n nominasievorm. Nominasievorms is ook beskikbaar by ons navraetoonbank en voltooide vorms kan ook daar ingehandig word.

Ingenieurs verslag H/S Pretoria-Noord

Geagte ouers neem asb. kennis dat na aanleiding van die hartseer gebeure by H/S Driehoek en op versoek van ons versekeraars het die Beheerliggaam ‘n ingenieurs verslag verkry rondom die veiligheid van ons skoolgeboue. Die strukturele verslag dui aan dat ons geboue veilig is en slegs kosmetiese verbeterings word aanbeveel.

Program vir die week

Maandag, 11 Maart:

  • Gideons besoek vir graad 8 Bybeltjies, 09H00, saal.
  • Graad 12: Akademiese uur, sleutel 6, 14H15 – 15H15
  • Netbal: Tshwane proewe 0/14 en 0/15, 14H30, PNHS.
  • English Evening, 17H30, Personeelkamer.

Dinsdag, 12 Maart:

  • Netbal: Tshwane proewe 0/16 en 0/17, 14H30, Montana

Woensdag, 13 Maart:

  • Gasvryheidstudies graad 10, Anchor Yeast besoek, 08H00 – 14H00, restaurant.
  • Tennis: PNHS 2 v/s Eduplex, 14H30, weg.
  • Netbal: Tshwane proewe 0/18, 14H30, Garsfontein.
  • Beheerliggaam Tussenverkiesing, 18H00, saal.

Donderdag, 14 Maart:

  • Gasvryheidstudies graad 10, Anchor Yeast besoek, 08H00 – 14H00, restaurant.

Vrydag, 15 Maart:

Program:

Saal & Voog: 07H20 – 09H15 Pouse: 09H15 – 09H40 Toets: 09H50 – 10H55. Afsluiting: 11H00.

Sondag, 17 Maart:

  • Rugbytoer na Camp Discovery se USN week. Busse vertrek 12H30 vanaf PNHS. Terug op Woensdag, 20 Maart om en by 19H00.

Dinsdag, 2 April:

  • Skool heropen, 07H20.

Aflaai aanhangsel

Terug