Omsendbrief 7/2019

Omsendbrief 7/2019

Administratief
February 18, 2019


Geagte ouers
Lief en leed

Welkom aan Mev. Roux wat aangestel is as Kultuur Hoofafrigter by PNHS. Sy sal vanaf eerskomende Woensdag, 19 Februarie, in K 21 vanaf 14H00 – 18H00 beskikbaar wees om ons leerders behulpsaam te wees met die Afrikaanse Ekspo.

Atletiek
Naboomspruit, 15 Februarie 2019

Baie geluk aan ons atlete wat skitterend presteer het op hierdie byeenkoms wat amper kon kwalifiseer as ‘n klein interhoër met kwaliteit skole-atletiek.

TITEL PUNTE
H/S Akasia: 791
H/S Frikkie Meyer: 762
PNHS: 720
H/S Merensky: 573
H/S Hans Strijdom: 558
H/S Wonderboom: 528
HTS Tom Naudé: 448

1e Plekke: Jarred Enslin (200M), Luché Els (100MH & Vs), Kaylee Jordaan (800M, 1500M & 3000M), Ryan Cilliers (Sg), Nathan du Preez (Hs), Danica Grobler (100M & 300MH), Izelle Ehlers (800M & 1500M), Rico Nel (800M), Loriaan Brand (90MH), Sherwarn Noise (110MH), Dillan Tolmay (300MH), Dané McNay (400MH & Vs), Kyle Engelbrecht (Vs), Jadon O’Neill (Sw), Chrisna Snyman (Sw) en Amberlee Sutherland (Sg).

2e Plekke: Marcolaine Kirsch (1500M), Hendrik Badenhorst (400M), Nelmari Driescher (800M), Coenie Kruger (1500M), Monique von Rauenstein (Vs), Ruben Venter (100M & 200M), Franco Cohen (200M), Danica Grobler (200M), Rico Nel (1500M & Hs), Sebastian van As (100MH), Nicole Busby (100MH), Divan Labuscagne (110MH)< Kyle Engelbrecht (Hs), Loriaan Brand (Hs), Lourens du Plessis (Hs), Kevin Smith (Gs), Anmari Malan (Sw & Sg), Amberlee Sutherland (Sw), Luchen Groenewald (Sg), 0/14 dogters aflos en 0/17 seuns aflos.

3e Plekke: Wian Snyman (Gs), Nathan van Wyk (Sg), Annika Strydom (100M), Franco Cohen (100M), Jucille Basson (200M), Louwtjie Jacobs (400M), JD Hattingh (400M), Nicole Busby (400M), Zandré Blignaut (400M), Madelet van Loggerenberg (1500M), Keanu Bornman (110MH), Divan Labuschagne (400MH), Lourens du Plessis (Vs), Herman Coetzee (Vs), Jadon O’Neill (Gs), Amberlee Sutherland (Gs), Kayla Sauer (Gs & Sg), Tarryn Hayes (Sw), Herco Heysteck (Sw), Megan Hulme (Sg), Jeandré Venter (Sg), Seuns 0/14 aflos en Meisies 0/16 aflos.

Interhoër: Pulditch, 21 Februarie 2019

Geagte ouers neem asseblief kennis van die volgende reëlings soos ook deurgegee aan die leerders:

  • Die dag is ‘n gewone skooldag en geen leerder het toestemming om tuis te bly nie.
  • Indien ‘n leerder ‘n geldige en wettige rede het waarom hy / sy die dag nie by Pulditch kan wees nie moet die skool vooraf skriftelik daarvan in kennis gestel word. Sperdatum vir sodanige briewe is Woensdag, 20 Februarie 2019.
  • Leerders wat net eenvoudig nie opdaag nie se ouers sal aanspreeklik gehou word vir alle kostes aangegaan op die dag vir sodanige leerder, dit is busgeld, toegangsgeld asook versnapperinge deur die dag.
  • Atlete rapporteer om 06H15 in die skoolsaal in atletiekdrag en sal reeds om 06H30 per bus na Pulditch vertrek.
  • Toeskouers, geesgroep en dirigente kom normale tyd om 07H20 op die aantreeblad bymekaar vir opening en register en sal om 08H00 per bus na Pulditch vertrek.
  • Die geesgroep trek hul somersdrag aan.
  • Toeskouers moet hul Vrydagdrag hempie en denim of swart “Noorde”- broekie aantrek.
  • Geen leerder sal die dag op Pulditch uitgeteken word nie.
  • Die byeenkoms behoort teen 18H00 klaar te wees na afhandeling van die prysuitdeling en sing van skoolliedere en busse behoort teen 19H00 weer terug te wees by die skool.
Tennis:

6 Februarie:

PNHS 2 dogters v/s Akasia. PNHS wen met 61 potte teenoor 6. Geluk aan Kayla Pieters (7-4), Anke Stoltz (12-0), Danelle Vermeulen (11-0) en Lenuschke van Niekerk (11-0) wat hulle wedstryde wen. Dit was ons 2de span se derde ligawedstryd, waarvan hulle drie wen.

PNHS 1 dogters v/s Oos Moot 1 weg. PNHS verloor met 29 teenoor 38 potte. Geluk aan: Lanice Prinsloo (7-4) wat haar wedstryd wen. Dit was ons 1ste span se derde ligawedstryd waarvan hulle een wen en twee verloor.

Beheerliggaam Tussenverkiesing, 13 Maart 2019

Geagte ouers neem asseblief kennis dat daar drie vakante portefeuljes op die Beheerliggaam is vanweë ouers wie se kinders verlede jaar gematrikuleer het. Die tussenverkiesing om hierdie portefeuljes te vul sal plaasvind op 13 Maart 2019 om 18H00 in die skoolsaal. Indien daar nie ‘n kworum is nie sal die volgende verkiesing plaasvind op 2 April 2019 om 18H00 in die skoolsaal.

Regstelling huiswerkboekie

Geagte ouers neem asb. kennis dat daar ‘n drukfout is in die huiswerkboekie op bl. 36:

  • Hair
  • The dyeing of hair or highlights is allowed. Dit moet lees: The dyeing of hair or highlights is not allowed. Dit moet korrelleer met die Afrikaanse reël soos op bladsy 17. Hierdie reël het nie verander nie en geld dieselfde vir beide Afrikaans en Engelssprekende leerders.
Program vir die week

Maandag, 18 Februarie:

Mnr. en Mej. PNHS onderhoude, 14H30 – 17H00, K 19.

Dinsdag, 19 Februarie:

  • Toetsdag.
  • Gasvryheidstudies: Graad 11 PAT –bespreking, 14H00, restaurant.

Woensdag, 20 Februarie:

  • Toetsdag
  • Akademiese uur, 14H00 – 15H00, graad 8 -11.
  • Tennis: PNHS 1 v/s Zwartkop, 14H30, weg.
  • Gasvryheidstudies Graad 12: Restaurantaand, 18H00, restaurant.
  • Toerisme: Ouervergadering Europa toer na Engeland en Skotland 2020, 18H00, K 73.
  • Atletiek: Atlete motivering, 17H30, saal. Geesvangroep geesvang en mars, 18H00, aantreeblad.
  • Beheerliggaam Finansiële Komitee vergadering, 17H15, konferensiekamer.
  • Beheerliggaam Uitvoerende Komitee vergadering, 19H00, Konferensiekamer.

Donderdag, 21 Februarie:

  • Atletiek: B-bond Interhoër, 09H00, Pulditch.
  • Atlete in atletiekdrag, 06H15, saal.
  • Geesgroep in somersdrag, 07H20, binneplein.
  • Toeskouers Vrydaghemp en denim / Noorde broekie, 07H20, binneplein.
  • Busse terug by skool om en by 19H00.

Vrydag, 22 Februarie:

  • Wintersport: PUK 16 Poelwedstryd 1, PNHS v/s Delmas, 15H00, weg.
  • Skool sluit om 12H15. Busse vertrek na Delmas om 12H15 terug by die skool om en by 22H00.

Saterdag, 23 Februarie:

  • Laerskole Rugbydag, PNHS, 08H00.

Aflaai aanhangsel

Terug