Omsendbrief 1/2019

Omsendbrief 1/2019

Me A. Smith
January 07, 2019


Geagte ouers

Hartlik welkom terug by die skool aan almal. Ons gebed is dat u en u kind ‘n baie voorspoedige en geseënde jaar saam met ons sal beleef. ‘n Spesiale woord van welkom ook aan al ons nuwe graad 8 leerders en ouers wat by ons aangesluit het.

Lief en leed

Baie welkom aan die volgende personeel wat by ons aangesluit het:

Me. L. Lubbe (Wiskunde) in die plek van Mev. L. v d Merwe wat na Ierland verhuis het. Mej. N van Niekerk (IGO en Tegnologie) in die plek van Mnr. Greyling wat afgetree het. Mnr. T Kruger (IGO en Tegnologie) in die plek van Mnr. Dalton afgetree. Mnr. H. Jacobs (Afrikaans) nuwe groeipos.

Baie welkom aan die volgende studente van die Universiteit van Pretoria wat by ons aangesluit het vir hul internskap: Mej. Nel (Engels graad 8 & 9), Mej. du Toit (Lewensoriëntering graad 10 – 12), Mnr. Jonker (Afrikaans graad 10 – 12).

Uitslae 2018

Graad 8 het ‘n slaagsyfer van 97% met 6 druipelinge.

Graad 9 het ‘n slaagsyfer van 94% met 12 druipelinge.

Graad 10 het ‘n slaagsyfer van 99% met 1 druipeling.

Graad 11 het ‘n slaagsyfer van 100% met 0 druipelinge.

Graad 12 het ‘n slaagsyfer van 98% met 4 druipelinge. 78% van ons kandidate het universiteitstoelating behaal. ‘n Totaal van 152 onderskeidings en 231 B-simbole is behaal. Ons beste presteerders was: Lisa Kruger (7), Francois Knowles (7), Luan Peacock (7), Anye Grobbelaar (6), Jacques van der Merwe (6), Dané Venter (6), Janika Engelbrecht (5), Danelle Myburgh (5) en Ilara Slabbert (5). Baie geluk aan hierdie akademiese sterre van PNHS!

Aflaai aanhangsel

Terug