Omsendbrief 9/2024

Omsendbrief 9/2024

Administratief
March 18, 2024


OB: 9 / 2024

Geagte ouers
Wintersport: NWU 16: Poelwedstryd 3: H/S Stofberg, 16 Maart 2024 (weg)
Hokkie Dogters Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 2 Gewen: 2, Gelykop: 1, Verloor: 0
0/14 A Stof 1  
0/15 A PN 0 Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 2
0/15 A Stof 1  
0/16 A PN 3 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/16 A Stof 2  
2de PN 0 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2
2de Stof 6  
1ste PN 0 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 3
1ste Stof 2  
Hokkie Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
1ste PN 2 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2
1ste Stof 0  
Rugby Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 57 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/14 A Stof 0  
0/15 A PN 50 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/15 A Stof 0  
0/16 A PN 50 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/16 A Stof 0  
2de PN 36 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 0
2de Stof 0  
1ste PN 20 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 0
1ste Stof 15  
Netbal Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 12 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/14 A Stof 6  
0/15 A PN 19 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/15 A Stof 5  
0/16 A PN 30 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/16 A Stof 4  
2de PN 29 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 0
2de Stof 14  
1ste PN 26 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 1
1ste Stof 17  
Netbal Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 B PN 23 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/14 B Stof 4  
0/15 B PN 21 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/15 B Stof 6  
0/16 B PN 16 Gewen: 1, Gelykop: 1, Verloor: 1
0/16 B Stof 2  
Tennis

12 Maart:

PNHS dogters 0/15 verloor teen Afrikaans Hoër Meisies met 28 potte teenoor 39 (tuis). Geluk aan Mia Rynners (6-5) en Miané du Plessis (7-4) wat hulle wedstryde wen. Dit was ons eerste ligabepaling.

14 Maart:

PNHS seuns 0/15 wen teen H/S Gerrit Maritz met 67 potte teenoor 0 (tuis). Geluk aan Charl Otto (11-0), JP Thomas (11-0), Riaan Roos (11-0) en Ian van Zyl (11-0) wat hulle wedstryde wen. Dit was ons eerste ligabepaling.

Sport Buite skoolverband

Baie geluk aan Gisele Grobler wat in perdry mooi presteer en ‘n tweede plek, twee derde plekke en ‘n vierdie plek verower in die SANESA kwalifiserende rondtes.

Interne Brugbou Kompetisie, 8 Maart 2024

Baie dankie aan almal wat ingeskryf het en geluk aan die volgende wenners:

Mees estetiese brug: GP Engelbrecht, Regardt van Tonder en Henrico van Tonder.

Sterkste brug:

5de: Marx du Plessis, Rohan Louw en Euan du Plessis hulle brug van 307 gram dra 57 kilogram. (X18,566)

4de: Dehan Joubert, Raygen Christie en Larissa Ellis, hulle brug van 205 gram dra 50 kilogram. (X24,390)

3de: Kaleb Snyman, Mcayla de Klerk en Leine Erasmus, hulle brug van 221 gram dra 55 kilogram. (X24.886)

2de: Egin van der Wall, Dawid Briel en Prometheus Voyiztzakis, hulle brug van 245 gram dra 62 kilogram. (X 25, 306)

1ste: Davie Pieterse, Righardt Beytell en James Ashby breuk ‘n nuwe rekord met ‘n brug van 267 gram wat 95 kilogram dra. (X 35.580)

Interne Algemene Kennisvasvra,13 Maart 2024

Baie dankie aan al ons deelnemers en geluk vir die volgende wenners:

Graad 8:

1ste: Chrizelda Fourie, Yvonne Moeketsi en Ziané Nel.

Graad 9:

3de: Mia Rynners.
2de: Barco Lombard
1ste: Hanno Bennemeer

Graad 10:

3de: Chané Wurth.
2de: Rohan Louw.
1ste: Tristan Booyens en Larissa Ellis.

Graad 11:

3de: Davie Pieterse.
2de: Dané Louw.
1ste: Famke du Toit en Daniella Scholtz.

Graad 12:

3de Bea-Mae Lombard en Chase van der Linde.
2de: Cindy de Koker.
1ste: André Haarhoff

Algeheel:

3de: Mia Rynners.
2de: Barco Lombard, Famke du Toit en Daniella Scholrz.
1ste: Hanno Bennemeer

Mnr. en Mej. PNHS 2024

Baie dankie aan almal wat ingeskryf en ondersteun het om weer ‘n spoggeleentheid te skep. Baie geluk aan die volgende wenners:

Mnr. en Mej. Fotogenies: Dehan Joubert en Michelle Brown.
Mnr. en Mej. Persoonlikheid: Ishmael Manamela en Marlia Botha.
Mnr. en Mej. PNHS Gunsteling: Schalk Fourie en Marlené Britz
2de Prins en Prinses: Cheyenne Pieterse en Dehan Joubert.
1ste Prins en Prinses: Ishmael Manamela en Elmé Wagner.
Mnr. en Mej. PNHS: Schalk Fourie en Marlené Britz

Beleid ten opsigte van buite spelers by PNHS.

Geagte ouers ons het oor die afgelope paar jaar toenemend versoeke van leerders, wat nie ingeskrewe leerders van PNHS is nie, wat graag sport by PNHS wou beoefen. Sodanige leerders sluit in leerders wat te oud is vir hul laerskoolspanne, leerders wat tuisonderrig doen en in enkele gevalle ook skole waar ‘n betrokke sport nie meer aangebied word nie. Ons buite kurrikulêre beleid is der halwe asvolg aangepas:

  • Graad 7 leerders wat by 0/14 deelneem moet van voorneme wees om die daaropvolgende jaar by PNHS in te skryf. Die betrokke laerskool moet ook skriftelik toestemming gee dat sodanige leerder wel by PNHS mag deelneem.
  • Sodanige leerder sal ‘n voorgeskrewe klubfooi by PNHS betaal.
  • Enige ander leerder van ‘n buurskool of wat tuisonderrig ontvang wat by PNHS wil deelneem, moet:
    • skriftelike toestemming van sy / haar skool hê.
    • slegs in ‘n sport wees wat nie by haar / sy skool aangebied word nie.
    • Sodanige leerder sal ‘n voorgeskrewe klubfooi by PNHS betaal.
  • Alle aansoeke moet skriftelik voorgelê word aan die sporthoof, Mnr. Johan Schoeman en die Voorsitter vir Akademie Skakeling Me. S de Villiers, wat die aansoek en aanbeveling aan die Beheerliggaam sal voorlê vir finale goedkeuring.
  • Die volgende formule sal gebruik word vir die berekening van die klubfooi: Skoolfonds per jaar ÷ 2, pro rata vir die tyd wat deelgeneem word, al is dit net ‘n gedeelte van ‘n maand.

Program vir die week

Maandag, 18 Maart:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Graad 12: Sleutel 6 Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Tshwane netbalproewe 0/16, 14H30, H/S Erasmus.
  • Tshwane netbalproewe 0/17 en 1/18, 14H30, Montana.
  • Geboue en Terreinvergadering, 14H30, Konferensiekamer.
  • Artikel 21 PNHS Ondersteunersvergadering, 16H00, Konferensiekamer.
  • Akademies Skakelingsvergadering, 17H00, personeelkamer.
Dinsdag, 19 Maart:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Gasvryheidstudies: Graad 12 uitstappie, 07H30, International Hotel School Menlyn.
  • Tennis: Junior Dogters v/s Cornwall hill, 14H30, tuis
Woensdag, 20 Maart:
  • Toetsdag
  • Skool sluit, Program vir die dag:
    Voogperiode: 07H20 – 09H10.
    Pouse: 09H10 – 09H30.
    Leestyd: 09H45 – 09H55.
    Toets: 09H55 – 11H00
Woensdag, 20 – 24 Maart:
  • 1ste span netbal by Menlo toernooi.
Donderdag, 21- 25 Maart:
  • Rugbytoer 0/14, 0/15, 0/16 en 1stes na Naboomspruit. Vertrek 05H00 vanaf PNHS.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug