Omsendbrief 7/2024

Omsendbrief 7/2024

Administratief
March 04, 2024


OB: 7 / 2024

Geagte ouers
Atletiek B-Bond Interhoër, 22 Februarie 2024

Neem kennis dat benewens die 37 medaljes wat ons atlete verower het, soos gemeld in verlede week se omsendbrief van verlede week, dat Rubin Nel ook in die 400M seuns 0/17 ‘n brons medalje verower het. Dit bring ons totaal medaljes vir die interhoër op 38 te staan. Baie geluk ook aan Rubin!

Tennis

28 Februarie:

PNHS dogters 1ste span verloor teen Hoërskool Garsfontein met 8 potte teenoor 59 (tuis). Dit was ons vierde ligabepaling waarvan ons twee wedstryde wen en twee verloor

Wintersport: NWU 16: Poelwedstryd 1: H/S Delmas, 2 Maart 2024 (weg)
Hokkie Dogters Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 2 Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 0
0/14 A Del 2  
0/15 A PN 0 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 A Del 5  
0/16 A PN 3 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/16 A Del 5  
2de PN 0 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
2de Del 2  
1ste PN 0 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
1ste Del 8  
Hokkie Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
1ste PN 1 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
1ste Del 6  
Rugby Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 38 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/14 A Del 5  
0/15 A PN 49 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/15 A Del 0  
0/16 A PN 51 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/16 A Del 0  
2de PN 22 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0
2de Del 12  
1ste PN 25 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0
1ste Del 17  
Netbal Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 7 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/14 A Del 14  
0/15 A PN 18 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/15 A Del 3  
0/16 A PN 16 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/16 A Del 13  
2de PN 17 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0
2de Del 5  
1ste PN 21 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
1ste Del 31  
Netbal Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 B PN 11 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/14 B Del 4  
0/15 B PN 8 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/15 B Del 6  
0/16 B PN 6 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/16 B Del 13  
Kultuur: English Evening, 29 Februarie 2024

Baie geluk aan die volgende wenners:

Junior toesprake:

1ste: Raynard Bosman
2de: Nimrie Beyleveld
3de: Refilwe Mahamba

Junior Voordrag:

1ste: Chrizaan Bikkies
2de: Chrizelda Fourie
3de: Jamilla Buff & Jaslyn Sedibe

Senior toesprake:

1ste: Jessica Simpson & Didintle Molelekwa
2de: Mikaela Opperman
3de: Wilinda Els.

Senior Voordrag:

1ste: Leilah Fourie
2de: Larissa Els
3de: Kimberley Chatadza & Petreen Mathibela

Leierskap

Baie geluk aan Raynard Bosman wat verkies is as nuwe VLR verteenwoordiger vir graad 9F.

Beheerliggaamverkiesing 2024

Geagte ouers ons Beheerliggaamverkiesing vind plaas op 5 Maart 2024 en indien ons nie die kworum op genoemde dag bereik nie sal die opvolgverkiesing plaasvind op 19 Maart 2024. Ons het toestemming van die Hoof van die Onderwys Departement ontvang om ‘n voldagverkiesing te hou ongelukkig het ons nie toestemming ontvang om dit te kombineer met ‘n e-verkiesing nie.

Nominasies vir die verkiesing het plaas gevind tussen 27 Februarie vanaf 08H00 en gesluit op 1 Maart om 10H00. Baie geluk aan die volgende ouers wat genomineer is om te staan as kandidate in ons verkiesing: (Sien die kandidate in die Aanhangsel aan die onderkant van die artikel)

U kan ook op ons facebook videogrepe sien waarin ons kandidate hulself bekend stel en hul verkiesingsmanifes gee. Sterkte aan elke kandidaat!

Elke ouer wat op die skool se data verifikasie geregistreer is, is op die kiesersrol en geregtig op 1 stem per ouer met ‘n maksimum van twee stemme per ouerpaar. Geen proxie stemme sal toegelaat word nie en ‘n ouer wat stem moet bewys van identifikasie kan lewer. U kan vir 9 kandidate maksimum stem.

Op 5 Maart sal personeel in Eeufeestraat en Berglaan diens doen vanaf 06H15 en ouers wat leerders aflaai help om te stem. U sal ook vanaf 06H15 tot 07H20 ‘n “drive through” kan doen by Berglaanhek in en Emiley Hobhouse uit met tien stempunte waar u kan stem terwyl u, u kind aflaai. Daar sal deur die dag ook stempunte by die saal beskikbaar wees met toegang deur die Eeufeestraathekkie. Hierdie stempunte sal oop bly tot 19H00, wanneer die voldag-verkiesing sluit.

Voordat die stemme getel word sal daar eers ‘n telling gehou moet word om te bepaal of ons ‘n kworum bereik het. Ons het nodig dat 231 van ons 1535 ouers wel sal stem om ‘n kworum te bereik.

Indien ons ‘n kworum bereik sal alle ouers wat stem se name in ‘n gelukkige trekking kom vir ‘n “maand vleispak” van Vuur en Vlam slaghuis. Alle klasse waar alle ouers stem of klasse waar die meeste ouers stem per graad sal gewone drag kan aantrek en roomys kry as beloning.

Berei uself asseblief voor vir hierdie baie belangrike gebeurtenis en maak seker dat u beheer behou oor u skool!!!

Akademie vir Leerder Ondersteuning / Noorderlig

Saaimaand – help omgee vir ons omgee gesinne

4 – 8 Maart: Seep,sjampoo,onderarmrol en spuitgoed vir seuns en dogters en tandepasta.
11 -15 Maart: Broodjiesmeer,blikkieskos en aanmaak koeldrank.

Jou bydrae kan ‘n verskil maak.
Enige navrae: Tanya 082 601 6878


Program vir die week
Maandag, 4 Maart:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • VLR-vergadering, 14H00, K 76.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
Dinsdag, 5 Maart:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Toetsdag.
  • Beheerliggaamverkiesing 06H15 – 19H00.
  • Gholf: Voorsitterstrofee, PNHS v/s Menlopark, Pretoria Country Club.
  • Netbalproewe 0/12 & 0/13, 14H00, PNHS.
  • Netbalproewe 0/14 & 0/15, 14H30, H/S Tuine.
Woensdag, 6 Maart:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Akademiese periode graad 8 – 11, 14H15 – 15H00.
  • Rugby: B-spanne v/s Rietondale High (vriendskaplik), 14H30, tuis.
  • Kooroefening, 15H00 – 17H00, K 26.
Donderdag, 7 Maart:
  • Graad 8 – 12, dag 3
  • Toetsdag.
  • Graad 11 en 12: “Perfect Life” Loopbaanskou, saal.
  • Graad 12: Sleutel 5 Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Netbalproewe: 0/16 & 0/18, 14H30, Langenhoven.
Vrydag, 8 Maart:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Interne Brugbou Kompetisie, 14H00 – 20H00, saal.
  • Graad 12: Afrikaans mondeling eksamen.
Saterdag, 9 Maart:
  • Wintersport: NWU 16 Poelwedstryd 2: PNHS v/s Oosterland, 09H00, tuis.
  • Graad 12: Afrikaans mondeling eksamen.
Maandag, 11 Maart:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Gasvryheidstudies: Interne Vasvra, 14H15, restaurant.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug