Omsendbrief 10/2024

Omsendbrief 10/2024

Administratief
April 08, 2024


OB: 10 / 2024

Geagte ouers

Welkom terug na die vakansie, ons wens u en u kind ‘n voorspoedige Tweede Kwartaal toe.

Lief en Leed
  • Ons wens Mev. Davidson en haar man geluk met die geboorte van hulle dogtertjie.
  • Baie geluk aan Mnr. R. Steyn en Mev. R. Swart (nou Fourie) wat in die huwelik getree het.
  • Baie welkom aan Mej. A Scheepers wat by ons aangesluit het as onderwys assistent by Wiskunde.
  • Baie welkom aan die volgende studente van AROS wat by ons aangesluit het vir waarneming: Mej. J. Wernick (Engels), Mej. K. Breedt (Natuurwetenskappe), Mnr. M.C. Jooste (Natuurwetenskappe) en Mej. R Coetzer (Wiskunde).
Wintersport: Toere
Rugby na Naboomspruit, 21 – 25 Maart 2024 (weg)

Ons rugby toer na Naboomspruit en neem deel aan die “Hansie-week. Uitslae was asvolg:

Rugby Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 7 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/14 A Brand 30  
0/14 A PN 18 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/14 A NC 12  
0/14 A PN 38 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/14 A Drieh 12  

Brand = Brandwag / NC = North Cliff High / Drieh = H/S Driehoek

Rugby Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/15 A PN 60 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/15 A Emp 0  
0/15 A PN 7 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 A Oost 19  
0/15 A PN 42 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 A Kala 12  

Emp = Empangeni / Oost = Oosterlig / Kala = Kalahari

Rugby Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/16 A PN 0 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/16 A Wilge 17  
0/16 A PN 21 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/16 A DrM 10  
0/16 A PN 40 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/16 A Botha 5  

Wilge = Wilgerivier / DrM = Dr Malan / Botha = Bothaville

Rugby Skool Uitslag Uitslae tot dusver
1ste PN 14 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
1ste Foch 26  
1ste PN 0 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2
1ste PietR 40  
1ste PN 38 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2
1ste Emp 0  

Foch = Fochville / PietR = Piet Retief / Emp = Empangeni

Netbal: Menlopark week, 21 – 24 Maart (weg)

Ons netbal 1ste span neem deel aan die “Menlo-week”. Uitslae was asvolg:

Netbal Skool Uitslag Uitslae tot dusver
1ste PN 10 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
1ste Eden 27  
1ste PN 15 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2
1ste Alber 21  
1ste PN 18 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 3
1ste OM 26  
1ste PN 13 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 4
1ste Duine 36  
1ste PN 14 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 5
1ste Milne 30  

Eden = Edenvale / Alber = Alberton / OM = Oranje Meisies / Duine = Duineveld / Milner = Milnerton

Netbal Skool Uitslag Uitslae tot dusver
1ste PN 15 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 6
1ste Leeu 27  
1ste PN 29 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 7
1ste BenV 72  
1ste PN 1 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 8
1ste Stelle 13  
1ste PN 11 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 9
1ste Swart 29  
1ste PN 18 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 10
1ste Lin 31  

Leeu = Leeuwenhof / BenV = Ben Vorster / Stelle = Stellenbosch / Swart = Swartland / Lin = Linden

PNHS Strategiese sessie, 10 – 11 April, Saal

Alle ouers word uitgenooi na ons skool se strategiese sessie wat sal plaasvind op Woensdag, 10 April 2024 van 17H30 – 20H30 en Donderdag 11 April 2024 van 17H30 – 20H30. Hierdie strategiese sessie sal gebruik word om die strategiese doelwitte vir PNHS vir 2024 – 2027 vas te pen.

Beleid ten opsigte van buite spelers by PNHS.

Geagte ouers ons het oor die afgelope paar jaar toenemend versoeke van leerders, wat nie ingeskrewe leerders van PNHS is nie, wat graag sport by PNHS wou beoefen. Sodanige leerders sluit in leerders wat te oud is vir hul laerskoolspanne, leerders wat tuisonderrig doen en in enkele gevalle ook skole waar ‘n betrokke sport nie meer aangebied word nie. Ons buite kurrikulêre beleid is der halwe asvolg aangepas:

  • Graad 7 leerders wat by 0/14 deelneem moet van voorneme wees om die daaropvolgende jaar by PNHS in te skryf. Die betrokke laerskool moet ook skriftelik toestemming gee dat sodanige leerder wel by PNHS mag deelneem.
  • Sodanige leerder sal ‘n voorgeskrewe klubfooi by PNHS betaal.
  • Enige ander leerder van ‘n buurskool of wat tuisonderrig ontvang wat by PNHS wil deelneem, moet:
    • skriftelike toestemming van sy / haar skool hê.
    • slegs in ‘n sport wees wat nie by haar / sy skool aangebied word nie.
    • Sodanige leerder sal ‘n voorgeskrewe klubfooi by PNHS betaal.
  • Alle aansoeke moet skriftelik voorgelê word aan die sporthoof, Mnr. Johan Schoeman en die Voorsitter vir Akademie Skakeling Me. S de Villiers, wat die aansoek en aanbeveling aan die Beheerliggaam sal voorlê vir finale goedkeuring.
  • Die volgende formule sal gebruik word vir die berekening van die klubfooi: Skoolfonds per jaar ÷ 2, pro rata vir die tyd wat deelgeneem word, al is dit net ‘n gedeelte van ‘n maand.

Program vir die week

Maandag, 8 April:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Graad 12: Gasvryheidstudies prakties, Sleutel 2 14H15 – 16H30
  • Artikel 21: PNHS Ondersteuners vergadering, 16H00, Konferensiekamer.
  • Hokkie Akademievergadering, 17H00, K. 15 (Alle hokkie ouers welkom).
  • Rugby Akademievergadering, 18H00, Konferensiekamer. (Alle rugby ouers welkom)
  • Noorderlig vergadering, 18H00, restaurant. (Alle ouers welkom).
Dinsdag, 9 April:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • PN Raadvergadering, 14H15, K. 81.
  • Graad 12: Gasvryheidstudies prakties, Sleutel 4, 14H15 – 16H30
  • Tennis: Dogter 0/15 v/s Eldoraigne, 14H30, weg.
  • Kultuur Akademievergadering, 18H00, K.19 (Alle kultuur ouers welkom)
  • Sagtebal Akademievergadering, 18H00, Restaurant. (Alle sagtebal ouers welkom).
Woensdag, 10 April:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • VLR-vergadering, 14H15, K. 76.
  • Graad 12: Gasvryheidstudies prakties, Sleutel 6, 14H15 – 16H30.
  • Tennis: Dogters 1ste span v/s Centurion, 14H30, tuis.
  • Seuns Hokkie: Liga 1 v/s Peacanwood College, 14H30, weg.
  • PNHS Strategiese Beplanning 2024 – 2027, 17H30 – 20H30, saal.
Donderdag, 11 April:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Rapporte uit.
  • Tennis: Seuns 0/15 v/s Rietondale High, 14H30, tuis.
  • PNHS Strategiese Beplanning 2024 – 2027, 17H30- 20H30, saal.
Vrydag, 12 April:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Tennis: Seuns 1ste span v/s Tuine, 14H30, weg.
Saterdag, 13 April:
  • NWU 16: Semi-Finale, H/S Ferrum / Newcastle. Busse vertrek om 04H15 vanaf PNHS.
Maandag, 15 April:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Netbal: Pretoria Liga 1: PNHS v/s Overkruin, weg.
  • Graad 12: Sleutel 1 Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Oueraand, 18H00, saal.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug